Witbank: Beweerde OTM-diewe loop hul vas in die gereg

Kolonel Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het gesê verskeie wetstoepassingsagentskappe insluitend die Taktiese Bestuur Operasionele Afdeling (TOMS) van die Valke en Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het opgetree nadat inligting ontvang is dat rowers vanoggend ‘n OTM-masjien in Witbank gaan opblaas. Met die inligting wat ontvang is, kon die wetstoepassers operasioneel ontplooi na Schoongezicht in Emalahleni…

Lees Meer

Klopjag by Shauwn Mkhize se huis: baie wapens word gevind

‘n Sluipmoordaanval op senior advokaat Coreth Naudé is op 18 Julie 2024 geloods buite ‘n hotel naby die Gateway-winkelsentrum, in Durban-Noord. Naudé, wat drie keer in die bolyf en gesig geskiet is, was in Durban om verskeie hoë profiel belastingontduikingsake, onder andere Shauwn Mkhize te ondersoek. Die polisie en amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)…

Lees Meer

Stilfontein-myn: Toename in kinders wat gearresteer is, wek kommer oor mensehandel en kinderarbeid

Die syfer het Donderdag 100 oortref nadat ‘n groep tieners weer uit ‘n verlate goudmyn tevoorskyn gekom het. Die aantal ongedokumenteerde kinders wat vir onwettige mynbou in Stilfontein in hegtenis geneem is, het toegeneem, wat kommer oor mensehandel en kinderarbeid laat ontstaan. Die syfer het Donderdag 100 oortref nadat ‘n groep tieners weer uit ‘n…

Lees Meer

Moontlike skakel tussen vermoorde TikTok-skepper en Durbanse wapenhandelaar

’n Polisiebeampte van Lainsburg het getuig oor die moontlike skak tussen die vermoorde Tik Tok-skepper Suhail Mohamed (34), oftewel mnr Zulu, en die Durbanse wapenhandelaar Anderson Padayachee, en sê Mohamed was in 2018 teenwoordig tydens ’n wapenklopjag. Dit het gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof aan die lig gekom toe Padayachee teruggekeer het vir die voortsetting…

Lees Meer

Verkragters op parool herhaal hul misdade

In ‘n tragiese nadraai van die voortslepende geslagsgebaseerde geweldskrisis in Suid-Afrika, is twee mans lewenslank tronk toe gestuur nadat hulle verkragting gepleeg het terwyl hulle op parool was vir soortgelyke misdade. Die Protea-landdroshof het die 39-jarige Albert Beukes tot twee lewenslange tronkstraf gevonnis vir twee aanklagte van verkragting en ‘n bykomende 15 jaar vir ‘n…

Lees Meer

R100 miljoen dwelmlaboratorium in Pretoria gevind

Die polisie het verskeie chemikalieë, dwelmvervaardigings-toerusting en ‘n aansienlike hoeveelheid metamfetamien gevind toe hulle op ‘n dwelmlaboratorium toegeslaan het. ’n Groot dwelmvoorval het gister in Rietfontein buite Erasmia in Tshwane ontvou toe die polisie ’n 39-jarige Mexikaanse onwettige immigrant aangekeer en ’n dwelmlaboratorium van R100 miljoen afgebreek het. Luitenant-kolonel Amanda van Wyk, Gautengse polisiewoordvoerder, sê…

Lees Meer

Transformatordiefstal by Pretoria substasie: arrestasies vind op die toneel plaas

’n Munisipale werknemer is onder ’n groep mense wat gearresteer is omdat hulle na bewering probeer het om transformators ter waarde van miljoene te steel. Verdagtes, wat na bewering deel is van ‘n kabeldiefstalsindikaat, is gister gearresteer nadat hulle op ‘n brutale manier ‘n substasie in Laudium, Pretoria, binnegegaan en glo probeer het om elektrisiteitstransformators…

Lees Meer