Polisie slaan toe op fabriek waar vervalste goedere vervaardig word
JOHANNESBURG – Die nasionale eenheid vir vervalste goedere het op Donderdag, 13 Junie 2024 nog ‘n geïntegreerde verwyderingsoperasie in Rahima Moosastraat, Johannesburgse middestad gelei in ‘n gesamentlike poging om die onwettige handel in nagemaakte goedere te ontwrig en op te skort. Die operasie het gelei tot die beslaglegging van meer as 7 000 vervalste items…
