Andre Smit

Pasiënt sterf in afsonderingskamer tydens brand

GAUTENG. – ‘n Vrou (35) wat in die vroulike psigiatriese eenheid by Dr. George Mukhari Akademiese Hospitaal opgeneem was, het Maandagaand gesterf. ‘n Brand het in die afsonderingskamer waar sy was, uitgebreek. Die departement van gesondheid sê die vrou is op 20 Junie opgeneem en is op 24 Junie, as deel van behandeling, in afsondering…

Lees Meer

Pasgeborene dood in vullissak aangetref

NATAL. – ‘n Pasgebore babameisie se liggaam is vanoggend in ‘n swart vullissak in Tea Estate, ongeveer 7 km van Verulam-sakesentrum, op ‘n grondpad in ‘n landelike gebied, ontdek. Reaction Unit South Africa sê altesaam 18 paramedici en reaksiebeamptes is na die toneel waar ‘n baba glo lewendig in ‘n sak gevind is. Die operasionele…

Lees Meer

Binnelandse sake op Thaba Nchu glo beroof

VRYSTAAT. – Die tak van die departement van binnelandse sake op Thaba Nchu is glo op Woensdag 19 Junie omstreeks 22:00 deur vier verdagtes beroof. Sers. Sinah Mpakane sê die klaer en sy kollega was in die veiligheidswagkamer aan diens. Hulle het na bewering ‘n klop aan die venster gehoor. Vier beweerde verdagtes het hulle…

Lees Meer

Verdagte bly in aanhouding op klag van motordiefstal

NATAL. – Priscilla Barnard (49) het op aanklagte van onder meer bedrog en diefstal van ‘n motorvoertuig in die Verulam-landdroshof verskyn. Sy bly in aanhouding. Reaction Unit South Africa sê die saak is tot 27 Junie uitgestel. Barnard is ‘n inwoner van die Sentraal Transvaal en is Dinsdag verlede week deur Rusa, Verulam-speurders en Wesbank…

Lees Meer

Massa-onrus in Kenia

Sedert 20 Junie was daar daaglikse betogings in Kenia met duisende mense wat deelgeneem het. Die rede vir die betogings was die regering se voorstel om bykomende fooie op basiese goedere soos brood, groente-olie en suiker in te stel om die begrotingstekort te oorkom. Hierdie maatreëls het verstaanbare onrus regoor die land veroorsaak, aangesien die…

Lees Meer

Takealot waarsku oor Shein, Temu en Amazon

Takealot het gewaarsku dat nuwe internasionale toetreders soos Shein, Temu en Amazon in Suid-Afrika se e-handelsruimte ‘n netto verlies vir die land is. Hulle buit skuiwergate uit om pligte en belasting te vermy, wat plaaslike besighede en die ekonomie seermaak. In Naspers se jongste resultate het Takealot 3% groei in bruto handelswarewaarde (GMV) en 8%…

Lees Meer