‘Wildmafia’ maak boere se lewe hel
Wild- en veeboere in die Brits-omgewing in Wes-Transvaal voer ’n onmoontlike stryd teen diewe en stropers. Honderde strikke word weekliks van plase verwyder – sommige nog met die karkasse van diere daarin wat stadig en pynlik gevrek het.
