Die aantal Mpox-positiewe gevalle het tot sewe gestyg. Die departement van gesondheid sê die jongste geval is ’n 39-jarige man wat in Mei 2024 by ’n private gesondheidsfasiliteit in die Wes-Kaap opgeneem is en Donderdag vandeesweek positief vir Mpox getoets is.
Die departement sê alle pasiënte leef met chroniese siektes soos MIV, wat dui op ‘n hoë waarskynlikheid van immuunstelsels wat gekompromitteer is.
DIe Mpox-virus simptome sluit in ‘n uitslag wat vir 2 tot 4 weke kan aanhou, koors, hoofpyn, spierpyn en rugpyn.
Die woordvoerder van die nasionale gesondheidsdepartement, Foster Mohale, sê, “Net soos in die geval van nommer ses het die jongste pasiënt sy woonadres as Northcliff, Transvaal, gelys. Die Departement van Gesondheid doen ‘n beroep op alle mense wat medikasie neem vir enige gesondheidstoestand om te voldoen aan die voorskrifte vir die behandeling volgens die leiding van die gesondheidsorgverskaffer om die risiko van ernstige gesondheidskomplikasies te verminder indien hulle Mpox en ander siektes opdoen.”
Intussen het die departement Donderdag gesê die dodetal weens die Mpox-siekte het tot twee gestyg.
Volgens die departement behels die jongste saak ‘n 38-jarige man, wat in ‘n plaaslike hospitaal in Umgungundlovu, Natal, opgeneem is.
Hy het Woensdag positief getoets vir die Mpxo virus
