Cyril Ramaphosa is herkies as staatshoof in Suid-Afrika.
John Steenhuisen, DA-leier, het vroeër gesê die party gaan Suid-Afrika nou saam regeer in die gees van eenheid en samewerking. Steenhuisen se opmerkings kom ná sy aankondiging vandag dat die party saam met die IVP en ANC by die regering van nasionale eenheid gaan aansluit.
Deel van die ooreenkoms wat die regering van nasionale eenheid bereik het, is dat die DA ook tot die provinsiale regering in Transvaal en Natal sal toetree.
Die verkiesing van die President van Suid-Afrika was nie ‘n uitgemaakte saak nie. Die Progressiewe Koukus wat bestaan uit partye soos die EFF, PAC, UDM, UAT, ATM en Al Jama-Ah het hul kandidaat voorgehou om die Staatspresidentskap in die nuutgestigte Nasionale Vergadering te betwis. Hul kandidaat vir die verkiesing as President was die EFF-leier, Julius Malema.
