Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), is dood. Dit is bevestig deur die J.G. Zuma-stigting. Sy was 60 jaar oud.
Die oorsaak van haar dood is op hierdie stadium nie duidelik nie.
Myeni was ook die uitvoerende voorsitter van die Jacob Zuma-stigting.
Verlede maand het die Johannesburgse hooggeregshof die korrupsiesaak van Myeni en voormalige Bosasa-direkteur, Trevor Mathenjwa, tot November 2024 uitgestel. Die saak hou verband met betalings van R300 000 van die nou ontbinde Bosasa en sy filiaal, Sondolo IT.
‘n Woordvoerder van die J.G. Zuma-stigting Mzwanele Manyi berig, “Dit is inderdaad met ‘n swaar hart dat ons bevestig dat die voorsitter van die stigting Me Dudu Myeni gisteraand oorlede is. Haar familie treur steeds erg en vra privaatheid van die media.”
