NOORD-KAAP. – Die Springbok-polisie het gister ‘n besending dagga wat deur ‘n koerierdiens vervoer is, onderskep.
Sers. Timothy Sam sê polisielede van die gespesialiseerde eenheid vir openbare orde (OOP) was met patrollies besig toe hulle inligting van dwelms wat vir Port Nolloth bedoel was en met ‘n koerierdiens deur Springbok sou gaan, ontvang.
Die polisielede is na die depot waar die koerier-afleweringsvoertuig deursoek en dagga met ‘n straatwaarde van ongeveer R282 000 onderskep is.
Sam sê die polisie is besig met die ondersoek om die oorsprong van die pakkie te bepaal.
