Die 4 bittereinders, Francois van der Merwe, Willem Petzer, Tebie Wessels en Devon Hofmeyr se saak is tot Vrydag 16 Februarie 2024 uitgestel. Eerstens was die landros laat en het die hof verrigtinge laat begin. Beurtkrag het die verrigtinge verder ontwrig.
Daar was vroeër die week deur Ramaphosa aangekondig dat polisie stasies en belangrike instellings van beurtkrag gevrywaar word. Blykbaar is Groblersdal nie ingesluit by die besluit nie.
Daar is geen voorsiening by die hof gebou gemaak om beurtkrag te vermy nie en die hof moet verdaag aangesien die opname stelsels nie kan funksioneer nie.
Lede van die publiek het ń kragopwekker aangebied maar die hof het dit van die hand gewys
