Bitereinder 4 se borg aansoek hervat vandag – Landros is laat!

Nadat Francois van der Merwe amper ‘n maand gelede tydens ‘n vreedsame optog
in Groblersdal ge-arresteer is kom sy borg aansoek weer vandag voor. Sy borg
aansoek is reeds verskeie kere uitgestel om verskeie redes. Verskonings soos
beurtkrag word gebruik om die aansoek te laat sloer.

Die aansoeke van Willem Petzer, Tewie Wessels en Devon Hofmeyr vind ook
vandag plaas nádat hulle hulself Maandag aan die Groblersdal se polisie moes
oorhandig. Hul borg aansoek was Maandag uitgestel omdat die polisie besoeke aan
hul huise wou bring en om die geldigheid na te gaan. Beurtkrag was weereens as
verskoning gebruik hoekom die saak nie kon voort gaan nie…

Volgens Beurtkrag skedules geld beurt krag vanaf 13h00 tot 15h30 in Groblersdal. Dit laat mens wonder of hulle dit dalk weer kan gebruik om die saak te laat sloer nie.

Daar stroom gebede en hulp in van alle oorde om die 4 jong manne te versterk en ondersteun. Laat ons hoop en bid dat hulle vandag weer na hul wonings kan terug keer…

Berigte is ontvang dat die landros laat is en teen 9h40 nog nie teenwoordig was om sake aan te hoor nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui