Sondag Boodskap: ONTKENNING OF BELYDENIS

Boodskap: Ds. Adri van Staden

Ons teksvers: Spr. 30:20 “So is die weg van ’n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie”.

In die vorige verse beskryf die spreukedigter dinge wat hy nie verstaan nie. Hier beskryf hy nog so ’n verskynsel: ’n getroude vrou wat owerspel bedryf en dan geen skuldgevoelens het nie. Sy maak soos iemand wat een of ander verbode vrug geëet het en dan eenvoudig haar mond afvee asof sy dit nie gedoen het nie.

Hierdie veskynsel sien ons natuurlik oral: alle sondaars doen dit; hulle ontken dat hulle sonde gedoen het. Daarmee beskou hulle hul skuld as afgehandel.

Ons as gelowiges weet dat ons dalk nog ons sondes vir die wêreld kan wegsteek of dit eenvoudig ontken, maar God weet alles. Ons weet genadiglik ook dat ons dit nie mag of hoef te ontken nie; ons moet dit net in ware berou bely dan word ons sondes vergewe: dit beteken dit word uitgewis asof ons dit nooit gedoen het nie. Nou is ons vrygespreek van ons sondige dade en by God bestaan dit nie meer nie. Dit alles omdat Jesus Christus vir al ons sondes betaal het aan die kruis.

Bid dat die Here jou opregte berouvolle belydenis voor Hom sal laat doen vir al jou sondes.

One thought on “Sondag Boodskap: ONTKENNING OF BELYDENIS

  1. Dankie. Ja dit is ñ groot troos dat ons sondes vergewe word (as ons dit bely) omdat Koning Jesus die straf daarvoor gedra het. Die slegte is dat Hy elke sonde wat ons doen bydra tot die tydlose straf wat Hy moes dra.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui