Mediaverklaring: Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke)
WES-KAAP – Die Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoekspan in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake, Strand SAPD en Strand Buurtwag het Patience Precious Abudu (33) vir mensehandel gearresteer.
Daar word beweer dat twee jong buitelandse burgers op 16 Desember 2023 uit ‘n woning in George gered is nadat vasgestel is dat hulle in Suid-Afrika verhandel is.
Op Vrydag, 08 Maart 2024, is lasbriewe vir inhegtenisneming gemagtig vir die twee vermeende verdagtes wat verantwoordelik was vir die handel in die twee slagoffers in die land.
Op 14 Maart 2024 is inligting ontvang dat een van die gesoekte verdagtes in Strand, Kaapstad, is. Die Valke-opsporing span het voortgegaan na die perseel waar die verdagte in hegtenis geneem is.
Sy is gevind met twee paspoorte, verskeie bankkaarte en R29 000.00 in kontant.
Die verdagte het op 15 Maart 2024 in die George-landdroshof verskyn en die saak is tot 19 Maart 2024 uitgestel om die datum vir borgtogaansoek te bepaal. Sy is in aanhouding.
Eindig
Navrae:
Luitenant-kolonel Siyabulela Vukubi
071 481 2534
