Daar is groot verdeeldheid onder ons as volk oor wie ons is. Dit is ’n groot bewys dat ons as volk in ’n identiteit krisis beleef. Dat ons volk al so mislei is dat ons nie weet wie ons is nie. Dat ’n naam grootskaalse verdeeldheid saai.
Kom ons begin by die naam Boervolk.
Die woord Boervolk is in enkelvoud met ander woorde dit verwys na een persoon. Met ander woorde dit verwys na die eie ek. Die Britte het vanaf die 2e Vryheid’s oorlog verwys na ons as BOERVOLK as ’n spotnaam! Ons as volk was deur die Engelse gespot tot selfs in die 1980’s. Hoe weet ek dit? Ek het dit persoonlik beleef. Boervolk is ’n Engelse anglisisme!
Die eerste keer dat ek gehoor het dat ons nou die “Boervolk” is was toe ’n Israel visie aanhanger dit aan my genoem het. Vir die wat dit nie weet nie, is dat die Israel Visie ’n voortspruitsel van die “British Israelism” sekte is wat van Brittanje oorgespoel het, is. Dit beteken dat die naam “Boervolk” spotnaam van die Britse Israel visie oorgespoel het.
Dit beteken dat ons met ons self-die spot dryf as ons onsself die “Boervolk” noem.
Kom ons kyk na die benaming Afrikaner
Die eerste argument is dat ons as volk in Suid-Afrika woon. Ons praat Afrikaans. Met ander woorde, Ons is Afrikaners!
Die tweede argument is ons kultuur. Watse liedere het ons gesing. Eerstens, Afrikaner Landgenote. Kom ons kyk na die eerste vers van Afrikaners landgenote:
Afrikaners, landgenote,
wees getrou aan volk en taal,
Aan julselwe, aan elkander,
Van die Kaap tot in die Vaal,
Van Oranje tot Sambesie,
in Natal en in Transvaal.
Afrikaners, landgenote,
wees getrou aan volk en taal!
Wat staan in die woorde?
Hoekom het Afrikaners Landgenote gewild geword?
Ek haal ’n gedeelte aan uit Wikipedia. https://en.wikipedia.org/wiki/Afrikaners_Landgenote
“Na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika het Afrikaners beswaar gemaak dat “God Save the King” die enigste amptelike volkslied van Suid-Afrika is. Hulle het egter geen begeerte gehad om die ou volksliedere van die voormalige Boererepublieke te herstel nie. Gevolglik het die Genootskap van Regte Afrikaners ‘n wedstryd gehou om ‘n Afrikaanstalige volkslied te skep. “Afrikaners Landgenote” is vir die kompetisie voorgestel, en alhoewel ‘n ander liedjie getiteld “Waar Tafelberg begin” aanvanklike ondersteuning ontvang het, het die genootskap besluit om saam met “Afrikaners Landgenote” te gaan om as die Afrikaanse mede-nasionaal voor te stel. volkslied. Alhoewel hierdie veldtog misluk het met “Die Stem van Suid-Afrika” wat in 1938 as die mede-nasionale lied gekies is, het “Afrikaners Landgenote” gewild geword as ‘n nie-amptelike volkslied.
Die lied het gewild gebly as ‘n Afrikaanse volkslied en is gesing voordat die Staatspresident van Suid-Afrika F. W. de Klerk die einde van apartheid in die Parlement van Suid-Afrika aangekondig het.”
AFRIKANERS! Landgenote was gebruik in weerstand van Britse oorheersing! AFRIKANERS! Landgenote was gebruik om ons TEENSTAND teen die sing van “God save the king” uit te beeld! Dit sê tog: “AFRIKANERS LANDGENOTE… Wees getrou aan VOLK en TAAL! Nie Boervolk… Wees getrou aan volk en taal nie!
Afrikaners landgenote is in werklikheid ons as volk se “Struggle song” as ons dit met die huidige bestel kan vergelyk! Dis ’n lied om op trots te wees. Ons sing nie moorddadige liedere soos die huidige bestel nie. Dis ’n lied van verset!
Die lied “Afrikaners landgenote” beskryf die grense van die Afrikaner baie duidelik in vers 1. Afrikaners (meervoud), landgenote sluit die volk as ’n geheel in.
Die Britte het 100% geslaag daarin om ons as volk te vervreem van ons identiteit. Hulle het dit tot reggekry dat ons selfs met ons identiteit spot!
Wat noem ons diegene wat ons as volk verraai?
Ons volk is ryk aan name vir daardie mense. Name soos “joiners, hanskakies, Jingo’s” is duidelike voorbeelde uit ons geskiedenis. Die feite is dat hulle sommer “Verraaiers, Liberaliste” is.
Hulle kan nie op die naam Afrikaner aanspraak maak nie. Ons kan hulle nie as deel van ons erfenis beskou nie!
Ons kan nie dat ’n naam ons as volk langer verdeel nie!
