Seksuele teisteringsaak teen regter -president Selby Mbenenge se ondersoek begin

Die prokureur van die klaer in die ondersoek na seksuele teistering teen regter-president Selby Mbenenge hoop dat die proses kennis sal neem van die geweld wat vroue in die werkplek ervaar.

Die Tribunaal wat met die ondersoek getaak is, het Maandag met sy werk in Johannesburg begin. Dit is die eerste keer dat die feiteliggaam bewerings van dié aard formeel sal ondersoek.

Die bewerings teen Mbenenge het gelei tot die vorming van ‘n seksuele teisteringsbeleid vir die regbank.

Women’s Legal Centre Hoofprokureur vir die klaer, Chriscy Blouws verduidelik die belangrikheid van die saak:

“Vroue ervaar hierdie geweld op verskeie maniere en word fisies, emosioneel, sielkundig en ook in die werkplek geraak en daarom is ons hoop vir die uitkoms van hierdie tribunaalproses en die manier hoe dit hanteer word dat dit bewus is van daardie geleefde ervaring wat vroue ervaar wanneer hulle wel geweld teëkom, beide in die werkplek en in hul persoonlike lewens en dat dit kennis neem van daardie geleefde ervaring om die uitkoms en wees bedag op baie ander vroue wat dalk met soortgelyke klagtes na vore wil kom.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui