Heidelberg: Pyne se saak word weer uitgestel

Die aangeklaagde Jaén-Lee Pyne, die moordverdagte van Etienne du Preez en poging tot moord van Flip Minnaar, het op 13 Januarie weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.

Die saak is terug verwys na die senior staatsaanklaer, hangende ‘n besluit wat gemaak moet word oor waar die hofsaak uiteindelik gaan plaasvind.

Die saak is tot 7 Februarie uitgestel vir terugvoering vir die uiteindelike hofsitting. Dit kan moontlik in die hooggeregshof of streekshof plaasvind.

Pyne sal op 20 Januarie weer in die Heidelberg landdroshof voorkom waar hy appel sal aanteken om regshulp te kan ontvang van Legal Aid SA. Met sy vorige aansoek vir regshulp was sy aansoek afgekeur.

Die bogenoemde spruit uit ‘n saak van aanranding om opsetlik te beseer asook opsetlike saakbeskadiging wat sedert Januarie 2023 hangende is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui