Daar word vermoed dat ‘n man in ‘n rivier in Centurion, Pretoria, verdrink het. Hy het glo in die rivier, wat sy walle oorstroom het, ingehardloop nadat veiligheidswagte hom vanoggend agternagesit het.
“Die man is glo deur die rivier meegesleur en ons is besig om na hom te soek. Stad van Tshwane Nooddienste Departement Brand- en Reddingsoperasies Afdeling het personeel op die grond gekry wat na die persoon soek, hulle het die bystand van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gekry. Hulle is almal op soek na die vermiste persoon.”
Daar is ook twee motoriste oorlede nadat ‘n motorfiets en ‘n motor Vrydagaand deur die vloedwater meegesleur is.
Lindsay Mnguni, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, “Die motorfietsryer en die bestuurder van die motor is albei dood gevind en is deur die redders uit die rivier gehaal. Die spanne het ook ‘n ander pasiënt, omstreeks 23:08, opgespoor en gered wat aan ‘n lamppaal vasgehou het wat deur die oorlopende water van die rivier verswelg is. Wanneer u ‘n noodgeval aanmeld, bly asseblief kalm; praat duidelik; weet waar jy is om die regte adres te gee.”
Verskeie mense is uit verskeie riviere in die omgewing gered, nadat hulle in die vloedwater vasgeval het terwyl hulle in hul voertuie was.
Die Suid-Afrikaanse Weerdienste (SAWD) het vroeg vandeesweek ‘n vlak 4-waarskuwing uitgereik van swaar reënval wat na verwagting deur die naweek sal duur.
