Die polisie het ‘n verdagte in Swellendam, Wes-Kaap in hegtenis geneem en beslag gelê op dwelms van ‘n geraamde R700 000.
Polisiewoordvoerder FC van Wyk, sê beamptes het opgetree op grond van inligting oor ‘n buitelandse vrou, wat daarvan verdink word dat sy dwelms van Kaapstad na George per bus vervoer het.
“Tydens die soektog het hulle die verdagte, ‘n Malawiese vrou, uitgeken wat ‘n sak op haar skoot vasgehou het. By inspeksie van die sak het lede kristalmetamfetamien- en mandrax-tablette ontdek met ‘n geraamde straatwaarde van R700 000. Die 27-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en dwelmhandel.”
Sy sal Maandag in die Swellendam-landdroshof verskyn op bogenoemde aanklagte.
