VN Sekretaris-generaal stel groep kundiges aan om beleidsoplossings te bevorder om skuldkrisis op te los

António Guterres, sekretaris-generaal, het ‘n groep prominente kundiges aangestel om uitvoerbare beleidsoplossings te bevorder en politieke en openbare steun aan te wakker wat nodig is om die skuldkrisis op te los.

Trevor Manuel is aangestel deur Guterres om behulpsaam te wees om oplossings te vind om die globale krisis te oorkom.

Hierdie werk sal die Vierde Internasionale Konferensie oor Finansiering vir Ontwikkeling inlig, ‘n interregeringsproses wat deur die Verenigde Nasies gefasiliteer word, wat van 30 Junie tot 3 Julie 2025 in Sevilla, Spanje, sal plaasvind.

Die ontwikkelende wêreld staar tans ‘n ongekende skuldkrisis in die gesig, met dosyne lande wat sukkel onder die gewig van skulddiens wat ekonomiese stabiliteit, maatskaplike vooruitgang en volhoubare ontwikkeling bedreig. En tog het die globale reaksie tot op hede te kort geskiet.

Die groep sal gelei word deur Mahmoud Mohieldin, die VN se spesiale gesant oor die finansiering van die 2030-agenda vir volhoubare ontwikkeling, en mede-voorsitter van Paolo Gentiloni, voormalige Europese Kommissaris vir Ekonomie, Trevor Manuel, voormalige Minister van Finansies van Suid-Afrika, en Yan Wang, Senior Akademiese Navorser by die Boston University Global Development Policy Centre.

“Ek dink dit word op internasionale vlak erken dat ons spesifieke kennis oor Suid-Afrika, oor Afrika en spesifieke kennis oor Derdewêreldekonomieë en rehabilitasie van Derdewêreldekonomieë besit,” het politieke ontleder aan die Universtiteit van Noordwes (Pukke), Dr Jan Venter gesê.

“Vir my is dit interessant dat die regering in Suid-Afrika nie daardie kundigheid inspan nie. So, ek wonder watter ander lojaliteite die regeringsklasse in SA na kundiges dryf. Ek dink mense soos Trevor Manuel kan ‘n geweldige bydrae lewer,” het hy bygevoeg.

‘n Verslag in 2023 het getoon dat lande meer betaal aan rente op uitstaande skuld wat spandeer word op belangrike aspekte soos onder andere onderwys en gesondheid.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui