‘n Meteoroloog het bewerings dat ‘n tornado die oorsaak was agter die storm wat Woensdag deur Randfontein geruk het, van die hand gewys.
Nooddienste het na die toneel gehaas om te help terwyl inwoners die nasleep van die storm met hanteer. Geboue, huis en motors is beskadig en mense wat beseer is, is aangemeld.
Inwoner en pastoor André Roberts het gesê die tornado het van Greenfields Estate ontstaan en toe deur Umphakati Mall gegaan voordat dit na Toekomsrus gegaan het.
Hy het genoem dat ‘n muur op ‘n kind geval het wat dadelik hospitaal toe gehaas is. Hy het bygevoeg meer as 200 huise is verwoes saam met bome, hekke en mure wat ineengestort het.
“Dit is regtig ‘n ramp. Dit is die eerste keer dat ons so iets het. Dit is erg,” het Roberts gesê.
