Petroljoggie waag lewe om moontlike kapingslagoffer te red

Die bestuurder an diens het Saterdag bevestig dat die dapper petroljoggie die naweek af gehad het en Maandag sou terugkeer werk toe.

’n Werknemer van ’n vulstasie in Johannesburg kry groot lof vir ’n onbaatsugtige daad.

Die petroljoggie se dapperheid is vasgevang op die kringtelevisiekameras van ‘n diensstasie in Corlettrylaan.

Gebruikers op X het die man geld aangebied, met een wat voorstel: “Hulle moet die petroljoggie die vulstasie gee: NOU”.

Die tydstempel om 17:03 op 20 September, wys op ‘n video opname hoe ‘n man in sy silwer luukse voertuig klim voordat ‘n wit 4×4 sy pad uit die parkeerarea versper.

Drie mans, een met wat blykbaar met ‘n AK-47 gewapen is, verlaat die voertuig en nader die man wat in sy motor agterbly.

Een man bondel die potensiële slagoffer uit sy motor, terwyl ‘n ander in die passasiersitplek klim, maar dit gou verlaat nadat hy die voertuig nagegaan het.

Al drie mans probeer om die slagoffer wat teenstand bied in hul 4×4 te druk, toe die petroljoggie soos ‘n besetene van die petrolpompe aangestorm in die rigting van die rumoer kom.

Die split-sekonde afleiding gee die slagoffer die gaping wat hy nodig het om te vlug, so ook die petroljoggie, en laat die mans stomgeslaan.

Die aanvallers klim dan terug in hul voertuig en verlaat die toneel.

Luitenant-kolonel Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het egter aan The Citizen bevestig dat die voorval nie by enige nabygeleë polisiestasie aangemeld is nie.

Die Burger het die vulstasie Saterdag gekontak, met die bestuurder aan diens wat gesê het die held het die naweek af gehad en sal Maandag terug wees by die werk.

Intussen is vyf verdagtes by Melrose Arch gearresteer nadat die polisie einde Augustus ‘n skynontvoering deurgevoer het.

Die polisie het gesê ‘n vrou was van plan om haar werkgewer te laat ontvoer en gedwing om groot bedrae geld uit haar besigheidsbankrekening te onttrek, berig die Rosebank Killarney Gazette.

Die operasie is in samewerking met die potensiële slagoffer en verskeie intelligensie-eenhede beplan.

Benewens die arrestasies het die polisie beslag gelê op drie voertuie en 10 selfone.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui