Vyftien vroue en twee mans is in Oos-Kaapse massaskietery dood
Die agtiende slagoffer is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Sewentien mense is Vrydagaand in twee afsonderlike skietvoorvalle in Lusikisiki, Oos-Kaap, dood. Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur. Polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, het gesê in een huis is 13 mense dood, wat twaalf vroue en een man insluit. In ‘n ander opstal…
