VW-bestuurder vasgetrek omdat hy 199 km/h op N4 gery het

‘n 40-jarige man is deur die Mpumalanga skakelverkeers-intervensie-eenheid in hegtenis geneem vir spoed op die N4 Schoemankloofpad. Die VW Golf 5-bestuurder is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat hy gevang is waar hy teen 199 km/h in ‘n 100 km/h-sone gejaag het. Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se gemeenskapsveiligheid, sê die bestuurder is na die Ngodwana-polisiestasie…

Lees Meer

OGGENDBOODSKAP – Neem My kruis op

Ds. Faan Fisser – Geloofsbond van Hervormde Gemeentes Matt 10:38 “En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.” Christene word meermale kruisdraers genoem. Wat sou dit beteken? Jesus sê duidelik, ons moet ons kruis opneem, en Hom volg. Dit beteken dat om Christen te wees, bepaalde offers…

Lees Meer

Tiende verdagte gearresteer vir SAID-bedrog ter waarde van meer as R600 miljoen

Mediaverklaring – Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (HAWKS) – 2024/07/16 VRYSTAAT – Die tiende amptenaar van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Mogorosi Benedict Motelesi (40), is in hegtenis geneem in verband met bedrog ter waarde van meer as R600 miljoen. Hy het saam met medebeskuldigdes Boitshoko Perseverance Mashodi (38), Elvin Wilson (40), Phakama Ndothayisa (36), Xatyiswa Zona (42),…

Lees Meer

CPF-vrywilligers stuit kabeldiewe

Twaalf Wierdabrug Sektor 2 GPF-lede het in die koue gewerk om verdere skade te voorkom nadat ‘n vermoedelike kabeldiefstalsloot deur die gemeenskap aangemeld is. Die GPF Wierdabrug Sektor 2 in Rooihuiskraal en The Reeds het vermeende kabeldiefstalbedrywighede verlede week naby die N14 gedwarsboom. Na aanleiding van ‘n rapportering oor die gemeenskapsveiligheidsgroep Woensdag, het Sektor 2…

Lees Meer

Gewapende rooftogte, huisinbrake en kapings neem toe in die oostelike en Centurion-gebiede

Met die toename van hierdie misdade in dele van Centurion en Pretoria-Oos, word inwoners versoek om die nodige maatreëls te tref om hul eiendomme en persoonlike welstand te beveilig. Dele van Centurion en Pretoria-Oos het ‘n toename in gewapende rooftogte, huisinbrake en kapings ervaar. Volgens sekuriteitsmaatskappye het hierdie misdade meer algemeen in hierdie gebiede geword….

Lees Meer

Ouma San het mylpaal van 103 jaar behaal

Sy kom uit ‘n familie van mense wat ‘n hoë ouderdom bereik het. VANDERBIJLPARK. – ‘n Gesonde leefstyl, goeie gene en die belangrikste, God se genade. Dit is aan dié faktore wat mev. San Pretorius en haar familie haar besonder lang lewe toeskryf. Sy en haar geliefdes het Sondag, 30 Junie, haar 103de verjaardag gevier….

Lees Meer