Mediaverklaring – Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (HAWKS) – 2024/07/16
VRYSTAAT – Die tiende amptenaar van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Mogorosi Benedict Motelesi (40), is in hegtenis geneem in verband met bedrog ter waarde van meer as R600 miljoen.
Hy het saam met medebeskuldigdes Boitshoko Perseverance Mashodi (38), Elvin Wilson (40), Phakama Ndothayisa (36), Xatyiswa Zona (42), Selvin Derison (36), Motlalepule Tes Modise (38), Siphiwe Sedibeng (36), verskyn. Lwazi Simelani (35) en Nomvakaliso Modolomba (33) voor die Ladybrand-landdroshof op 15 Julie 2024 tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, oortreding van die Wet op Belastingadministrasie 28 van 2011, oortreding van Doeane- en Aksynswet 91 van 1964 en oortreding van Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad 121 van 1998.
Daar word beweer dat die werknemers by Ficksburg-brug, Maseru-brug en Vanrooyenshek-brug gestasioneer was waar hulle 333 transaksies tot die bedrag van R653 500 455,28 gefasiliteer het. Alle geïdentifiseerde transaksies was ingevoerde besendings/vrag (tekstiel) in verband (Removal in Bond) vanaf die Durbanse inkomshawe om uitgevoer te word.
Sewe van die beskuldigdes is op 6 en 7 Junie 2024 deur die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekspan gearresteer. Hulle is deur nog twee verdagtes vergesel vir hul eerste hofverskyning in die Ladybrand-landdroshof op 10 Junie 2024. Alle verdagtes is uit op borgtog. wissel tussen R1500-00 en R5000-00.
Die aangeleentheid word op 12 Augustus 2024 na die Bloemfonteinse streekhof oorgeplaas vir verhoor.
