DIE KRAG VAN EENGESINDHEID

Ons as Boere-Afrikaners Volk laat toe dat daar onenigheid tussen ons Volksgenote kom  soms oor onbenullige dinge.

Nou in God se woord staan daar in 2 Korinthiers 13:11wees eengesind,leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle bly. Dit is egter vir ons as Volk juis nou die tyd om saam te staan want ons gaan mekaar in die nabye toekoms nog baie nodig kry daar kan begin word om as gesinne saam te staan en mekaar in nood by te staan. Dan ons mede volksgenote in nood ook by te staan.

Ons gaan nou juis ‘n era binne van onsekerheid oor ons as Volk se voortbestaan ons word reeds as volk geassimileer om saam te loop met die stroom in Suid Afrika en en ons eie waardes en geloof prys te gee vir die dinge van die wereld. Die mense wat aangestel was om ons Volk se saak te dryf het afgedwaal en hulle by die wee van ons Volk se vyande gevoeg.

Daarom is dit uiters belangrig dat al ons regdenkende volksgenote nou eensgesind raak oor die toekoms van ons Volk  en sy voortbestaan as ‘n gelowige en God vresende Volk.

Al die organisasies en bewegings moet eensgesind word en saam in dieselfde juk begin trek en vrede maak met mekaar en in eensgesindheid saam te staan en veg vir die behoud en oorlewing as ‘n Volk.

Willie Cloete

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui