Ma en dogter oorlede na woonwa brand

POSTMASBURG, NOORD-KAAP. – ’n Ma (37) en haar dogter (10) is Maandag oorlede toe hulle karavaan in Postdene, Postmasburg aan die brand geslaan het.

Volgens speursersersant Christopher Kgomonyane het die brand om 2:00 Maandagoggend ontstaan terwyl die ma en haar drie kinders in hulle karavaan geslaap het. Die karavaan was in Pleinstraat parkeer.

’n Buurvrou het die twee seuns van 5 en 13 jaar oud gered. Volgens speursersant Kgomonyane is die ma en dogter op die toneel dood verklaar. Die seuns ontvang tans mediese behandeling in ’n hospitaal.

Enigiemand met inligting rakende die voorval kan speursersant Kgomonyane by 063 453 9112 kontak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui