Saamgestel deur: Thys Marais
Soveel goed gebeur nou mens hou nie by nie.
Internasionale gebeure
- Europa diep in moeilikheid, Nato en Rusland berei voor teen mekaar.
- Israel en die Oosterse lande berei voor vir groot oorlog, almal oefen op land en see, maar ons wat sien, weet, daar kom n groot oorlog.
- In VSA is Trump beboet met n helse boete. Hy beroep homself nou op sy ondersteuners om die boete te betaal, want hy kan nie uit sy eie geld dit doen nie. VSA is gedoem!
- Die Westerse wêreld steier onder finansiële druk.
- Hou maar gebeure in Europa dop.
- Hou maar Erdogan van Turkye dop. Hy is die wilde kaart in Nato.
- Terwyl ander Europese lande aansluit by Nato, is Turkye die enigste Moslem land daar!
- As Turkye en Griekeland aanmekaar spring oor Cypris, is daar moeilikheid. Vir ondersoekers sal bogenoemde sin maak.
Plaaslike gebeure
- In SA is Markus Jooste beboet oor die Steinhoff sage! Hy het vandag sy hand aan sy eie lewe geslaan… Menige pensioenaris is armer!
- Onder ons mense voel ons dit aan ons sakke.
- Pryse het net eenvoudig die hoogte in geskiet.
- Brandstofpryse is die hoogte in, kospryse is absurd, en van April is elektrisiteit ook weer-eens 12% hoër. Na raming, sal brandstof pryse styg in April.
Intussen speel SA politiek.
Dis verkiesingstyd.
- En wragtig sing Zuma, bring my masjiengeweer, voor n blanke gehoor! En die blankes sing saam???
- Dit is n feit dat die ANC daagliks steun verloor!
- Ons is in n gevaarlike tyd, want die ANC leierskap weet dit ook!
- Maar hul is steeds in beheer van die staatsmasjien.
- En dit is n kragtige masjien. Mugabe het dit met groot welslae beheer in Zimbabwe, vir 36 jaar.
Hierdie is net my gevoel!
- Waar gaan ons heen?
- En wie gaan saam?
- Watter rigting slaan ons in?
My gevoel oor dit alles.
- Ons mense is so verdeel, dat niemand die feite meer sien nie.
- Ons is net 6% van hierdie land.
- Dit is bidtyd vir blankes.
- Hoeveel blankes weet dit?
- En hoeveel dink dat n stembus nog n antwoord is?
- Dat n bietjie verteenwoordiging n verskil kan maak na 30 jaar?
- En boere het 60+ organisasies wat die “boere saak” beveg?
Ek wil nie vloek hier nie.
Maar WTF!!!! Net God kan ons hieruit red. En dan, sal daar in ons geledere mense wees, met die aanroep tot God? Kom tot besinning mense!! Ons hulp sal kom, van die Skepper van alles! Ook vir jou! Want Hy het n ewige plan. Kom aan Sy kant. Raak afgesonder! Moenie aan die God van die heel-al se verkeerde kant kom nie. Los jul kerk dominasie, en dogma, lees jul Bybel self, en kom tot die waarheid.
Daar is min tyd oor.

Dankie. Dit is die regte perspektief. Ons moet aan die Here se kant kom. Ons moenie ons eie planne maak en Hom dan vra om ons daarmee te help nie. Ons moet sy wil soek.