“Menseregtedag” Is dit menseregte of Mense-onregte dag?

Is dit Menseregte of mense-onregte dag? Lewer jul kommentaar onderaan die berig oor hoe julle oor Menseregtedag voel.

Volg Volkskrag nuus se Facebook en twitter-blad om op datum te bly met die daaglikse nuusgebeure in die land:
https://www.facebook.com/groups/volkskragnuus
https://twitter.com/volkskrag14247

Volgens Wikipedia is “Menseregtedag” is ‘n dag waartydens die regte van mense gedenk word. In sommige lande, soos Suid-Afrika, word dit as ‘n openbare vakansiedag gevier.

Menseregtedag in Suid-Afrika word jaarliks op 21 Maart gedenk ter nagedagtenis aan die Sharpeville-slagting. Die eerste Menseregtedag in Suid-Afrika is op 21 Maart 1995 gevier.[1]

Menseregtedag, soos deur die Verenigde Nasies ingestel, word in die res van die wêreld op 10 Desember gevier.

Wat is basiese menseregte?

Eerstens moet ons gaan kyk na wat is die basiese menseregte wat in ’n land se regering veronderstel is om te bied. “n Basiese lys van menseregte is:

  • ’n Veilige land om in te woon
  • Werkende infrastrukture
  • Skoon en veilige drinkwater in stede en dorpe
  • Beroeps sekerheid
  • Veilige en skoon mediese sorg
  • Regverdige verhore in die hof
  • Kos sekerheid
  • Veilige woon en werksplekke

Hoe vaar Suid-Afrika se regering in die handhawing van menseregte? Dit is duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering in alle fasette van menseregte handhawing vaal:

  • Misdaad in Suid-Afrika is van die hoogste in die wêreld
  • Nagenoeg 85 moorde per dag
  • Paaie is in ’n haglike toestand
  • Elektrisiteit voorsiening is van swak gehalte
  • Hospitale is of vrot en vuil of onbekostigbaar vir die publiek
  • Dorpe en stede is soms vir weke of selfs maande sonder drinkwater
  • Drinkwater is soms vuil en onveilig om te drink
  • Werksgeleenthede krimp op ’n daaglikse basis met Suid-Afrika met die hoogste werkloosheid syfer in die wêreld.
  • Minderheid groepe word uitgesluit van werksgeleenthede weens werk skeppings onvermoë
  • Boere word van plase vervreem terwyl die regering die gebuite plase laat verval
  • Hofsake word subjektief inplaas van objektief gehanteer en minderheid groepe word geteiken
  • Pryse van kos skiet die hoogte in wat veroorsaak dat baie inwoners ondervoed en verhonger word

Nuwe onteiening sonder vergoeding wetgewing kan die oorsaak wees dat daar growwe menseregte skendings gaan plaasvind.

Wat behels die Nuwe wetgewing?

  • Vaste bates kan sonder vergoeding gekonfiskeer word
  • Roerende bates kan sonder vergoeding gekonfiskeer word
  • Bankrekeninge kan bevries en opgeëis word

Die wetgewing gee die regering toestemming om basies ’n kommunistiese bestel te verseker wat GEEN menseregte sal toelaat nie!

As ons na die lys hierbo kyk is dit duidelik dat alle volke in hierdie land van hul basiese menseregte ontneem word.

Sharpeville, die motivering van menseregte dag in Suid-Afrika.

Wat het werklik daar gebeur?

Sharpeville materiaal ontvang van: Kobie Ströh

21 Maart 1960
Sharpeville Opstand
Vereeniging

21 Maart 1960, die dag wat die naam Sharpeville wêreldwyd in die nuus was.

Die dag was beplan deur die PAC, splintergroep van die ANC as landwye staking en opstande teen die paswette in Suid-Afrika. Orals in die land was optogte gehou en reeds ñ paar dae vooraf het bloedige gevegte uitgebreek tussen wetstoepassers en betogers.

21 Maart het ñ groep van sowat 10 000 – 20 000 die polisiestasie in Sharpeville omsingel, gewapen met klippe, knuppel, sambok en stokke. Selfs skoolkinders het by die groep aangesluit. 

Die handjie vol bedeigde jong polisiemanne het paniekerig geraak en op die skare losgebrand wat in alle rigtings weggehardloop het.

In die pandemonium wat losgebars het is 69 mense dood en talle gewond.

Die wêreldpers het heftig berig en Suid-Afrika se beeld in ñ baie negatiewe lig gestel.

Spanning was groot, veral in die Vaaldriehoek.

Die herinneringe sal nooit vervaag nie.

Verskeie sieninge tot vandag toe nog oor die gebeure.

Hans Combrink se beskrywing van die gebeure:

Ons kom weer in tyd van onluste…….

Die ergste onluste wat ons geslag van bewus was, was die Soweto onluste van 1976.

Maar voor dit was die Sharpeville voorval naby Verenging waar daar ‘n kamtige “Massacre” plaasgevind het toe 200 feitlik weerlose jong polisiemanne hulle teen 10k gewelddadige opstokers moes verdedig …….

Wat min mense weet is dat slegs ‘n maand voor die Sharpeville voorval, 9 Polisiemanne by Cato Manor naby Durban brutaal vermoor was en dat hulle koppe met grawe oopgekloof was.  

‘n Groep van 20 polisiemanne was besig om in Cato Manor in die Townships te soek na verbode brousels (Skokojaan)

‘n Polisieman trap in die soekproses per ongeluk op ‘n vrou se voet en sy storm in die straat uit en gil dat sy aangerand was……. Die Polisiemanne word omsingel en slegs die blanke konstabels was gewapen…

Toe hulle al hulle ammunisie uitgeskiet was, word hulle oorval……11 ontsnap en 9 boet met hulle lewens…….

Terwyl die 200 jong polisiemanne by Sharpeville omsingel word, is die Cato Manor voorval van slegs ‘n maand gelede nog vars in hulle geheue …

Die oproeriges begin die heining omstoot en een Polisieman kry ‘n klip teen die kop……..geen bevel word deur die bevelvoerder gegee om te skiet nie…….

Een bevreesde Polisieman trek ‘n skoot af en toe trek almal los…….. 

Ekself het skarebeheer opleiding gekry en ek weet dat as jy op ‘n skare vuur, dan vuur jy nie op individue nie maar in ‘n groep……..

Hulle begin omdraai en hardloop en sommiges kry die skoot in die rug…….

Ja daar was kinders geskiet en sommiges in die rug…….

Maar hoe dan nou anders……?

Hulle was in die groep wat die Polisiemanne bedreig het en hulle het omgedraai ….

Die foto geplaas vertel ‘n interessante verhaal…….

‘n Joernalis wou probeer om aan die wêreld te toon dat ons Polisiemanne die minimum geweld gebruik en nie onluste met vuurwapens beveg nie……

Tydens onluste klim hy toe op ‘n kaia se dak en neem die foto……..

Die foto word toe wel die wêreld ingestuur om te bewys hoe “gewelddadig” ons Polisiemag is

Let op die foto die stokke en tuisgemaakte swaarde waarmee hulle mekaar aangeval het…….

By Sharpeville is daar verskeie hope van hierdie wapens bymekaar gemaak ……

En kamptig was hulle “ongewapen”…….

Onbewustelik van wat die voorval by Cato Manor en ook indirek Sharpeville veroorsaak het, het ek in die aande as Polisieman in Township huise na skokojaan gesoek……..

Het in Caspers in Soweto gery en is met klippe bestook ……

Party was gelukkig………ander nie

Pos deur M Mollentze:

Van my makkers was by Sharpeville. Hulle weergawe van die gebeur het heeltemal verskil van die koerante sn. Skokiaan was n gevaarlike drank. Dit het begin as sorghumbier Dan is daar bestanddele soos spiritus, bruinbrood, batterysuur, gis, ens bygevoeg. Die mengsels is gewoonlik in 44 gallon dromme op mynhope begrawe. Die goed het gate in die dromme gevreet. Dink net wat het dit aan die drinkers se ingewande gedoen het.

Pos deur M.Nontsikelele op ñ ander platvorm:

“Human Rights Day is historically linked with 21 March 1960, and the events of Sharpeville. On that day 69 people died and 180 were wounded when police fired on a peaceful crowd that had gathered in protest against the Pass laws.”

Lig jou mening in die kommentaar seksie onderaan die berig:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui