Suid-Afrika, Nigerië, Ghana, Liberië en die Ivoorkus is deur groot internet onderbrekings getref

Groot internet ontwrigting is in verskeie lande regoor Afrika aangemeld.

Onderbrekings is aangemeld in lande insluitend Suid-Afrika, Nigerië, Ivoorkus, Liberië, Ghana en Burkina Faso.

Die oorsaak van die kabel foute is nie onmiddellik duidelik nie.

“Daar blyk ‘n patroon te wees in die tydsberekening van die ontwrigtings, wat ‘n impak het van die noorde tot die suide van Afrika,” sê Cloudflare Radar, wat inligting oor internetverbindings verskaf.

Internetkonneksie in die Ivoorkus was Donderdagoggend tot sowat 4% af, volgens Netblocks, wat kuberveiligheid en internetverbinding naspoor.

Liberië het op ‘n stadium tot 17% gedaal terwyl Benin op 14% en Ghana 25% was, het Netblocks gesê.

In Suid-Afrika het Vodacom gesê dat “kliënte tans intermitterende konnektiwiteit kwessies ervaar as gevolg van veelvuldige ondersese kabel foute”.

‘n Fout is ook aangemeld op die MainOne-kabelstelsel wat Nigerië se kommersiële spilpunt, Lagos, bedien.

Die Liberiese regering het gesê internet ontwrigting is van Donderdagoggend af aangemeld.

Burgers het nie toegang tot die basiese internet sowel as sosiale media oor die oorgrote meerderheid van die land nie. Daar word ook berig dat internasionale bank oorplasings geraak word terwyl daar beperkte internasionale stemoproepe is.

“Dit lyk of 50% van my lewe vandag weg is,” het Benjamin Garkpah van die Liberiese hoofstad, Monrovia, aan die BBC gesê.

Fatumata Barry het gesê haar besigheid het tot stilstand gekom omdat sy nie betalings deur mobiele geld kan ontvang nie.

Die Liberiese Telekommunikasie-owerheid het gesê dit is veroorsaak deur ‘n voorval waarby die Afrika kus na Europa (ACE) ondersese kommunikasiekabel in die Ivoorkus betrokke was.

In Ghana het die Nasionale Kommunikasie-owerheid (NCA) berig dat verskeie ondersese kabel onderbrekings vir die onderbreking verantwoordelik was.

Cloudflare het op sosiale media geplaas dat groot internet onderbrekings aan die gang is in Gambië, Guinee, Liberië, Ivoorkus, Ghana, Benin en Niger.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui