Inligting verskaf deur: Chris Harmse en Klaas Prinsloo van die Witkruis Monument
Aanvaller 1, Mabena Moloko (21) wie se ma vir die Jouberts gewerk het, is tot 10 Jaar gevangenisstraf in die Pietersburg se hooggeregshof gevonnis. Hy is skuldig bevind op sameswering vir die Aanval. Mabena Moloko was Januarie 2023 gevonnis. Mabena Moloko was 18 tydens die aanval.
Die tweede aanvaller wat skuld erken het op die aanval is gevonnis vir 80 jaar. Beskuldigde 2 het ook in 2023 sy vonnis ontvang.
Die derde aanvaller is wat skuld ontken het, is verlede Vrydag, 8 Maart 2024 vir ’n totaal van 2 lewenslange en een 50 jaar vonnis, gevonnis.
Hulle is gevonnis op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord, verkragting, die besit van gesteelde vuurwapens en ammunisie en die besit van gesteelde eiendom.
Wat het tydens die voorval plaasgevind?
Op die 5de Augustus 2020 het ses gewapende mans ‘n plaashuis in Dendron naby Bandelierkop binnegegaan. Die boer, Chris Joubert (62) is erg geslaan en aan ‘n stoel vasgebind terwyl sy vrou Leonise (61) in haar been geskiet en wreed verkrag is. Chris se bejaarde ma, Betsie (98), se pistool is in haar mond gedruk. Sy het die aanvallers uitdagend aangedurf om haar te skiet.
Dit was nog ‘n plaasaanval, een van die meer as 419 wat in 2020 aangemeld is, hoewel die statistieke verskil omdat die misdade nie as plaasaanvalle vervolg word nie, maar eerder gewapende rooftogte.
Ná die wrede aanval het die bende in die egpaar se voertuig van die plaas gevlug. Hulle het weggekom met ‘n platskerm-televisiestel en twee jaggewere. Die polisie het drie van die bendelede ‘n rukkie later naby Pietersburg in hegtenis geneem ná ‘n hoëspoed-jaagtog en ‘n skietgeveg. Een van die drie verdagtes is in die vuur wisseling gewond en het later aan sy beserings beswyk.
Tydens die arrestasie het drie van die mans glo ontsnap. Die polisie het vyf gesteelde vuurwapens, ammunisie en ander gesteelde items teruggevind. Die twee verdagtes het op 7 Augustus 2020 in die Soekmekaar-landdroshof verskyn.
Die polisiewoordvoerder van die provinsie, brig Motlafela Mojapelo het in ‘n verklaring gesê die verdagte wat geskiet is en later aan sy wonde beswyk het, is geïdentifiseer as die 33-jarige Ayanda Thwanwe van Krugersdorp in Sentraal-Transvaal. Die ander twee in hegtenis geneem verdagtes is tussen die ouderdomme 29 en 38. Daar word berig dat ‘n vierde verdagte intussen in hegtenis geneem is.
‘n Plaaslike boer met wie ‘n onderhoud gevoer is, het gesê die vlak van brutaliteit wat met plaasaanvalle gepaardgaan, is wat dit skei van die algemene moorde (wat jaarliks meer as 21 000 beloop). “Waarom die behoefte aan geweld en marteling? As hierdie aanvallers werklik ‘n behoefte het wat die moeite werd is om voor te steel, laat die mense ten minste net met rus. Daar is geen behoefte aan hierdie sinnelose aanvalle veral op bejaardes nie.”

Dankie vir n fantastiese berig, Volkskrag