Grahamstad – Oos-Kaap. 3 plaasaanvallers wat van moord aangekla is op afgetrede boer Francis Davidson gaan vir 23 jaar tronk toe. Die aanval het verlede jaar April plaasgevind.
Yamkelani Funaphi, Thembelani Mazibuko en Andile Dyani is skuldig bevind aan moord, diefstal huisbraak en dwarsboming van die gereg.
Die marteldood op afgetrede beesboer Francis Davidson (73) buite Maclear was om die minste te sê afgryslik en skokkend! Davidson was op 26 April 2023 omstreeks 18:00 deur die 3 verdagtes aangeval en vermoor.
Davison was vir ses weke in die hospitaal waarna hy oorlede is as gevolg van die beserings wat hy opgedoen het. Die 3 aanvallers het hom vasgebind, Herhaaldelik met stomp voorwerpe teen sy geslaan en paraffien oor sy rug gegooi om sy vel en wonde te brand. Hy get veelvuldige beserings, brandwonde en skedelbreuk opgedoen.
Na verskeie operasies om die drukking op sy brein te verlig is Davidson later oorlede aan sy wonde


Bravo! Dit bring afsluiting, wetende dat reg en geregtigheid geseëvier het. Dis n pluimpie vir die Regsstelsel
Moes lewenslank gewees het. Sit 7 jaar kom uit en doen dit weer. Bring terug die doodstraf!