LANDSWYD – Die SAPD – Veediefstal versoek boere om versigtig te wees.
Ons Bekende misdadiger is weer baie besig om:
Vee aan te koop of te verkoop, en selfs vervoer te reël.
Die persoon gebruik ‘n Arikaanse naam en van.
Praat baie goed Afrikaans.
Vermom homself asof hy ‘n ouer persoon is wat nie weet presies hoe om te werk te gaan nie.
Kontak asb u naaste Veediefstal eenheid indien u so ‘n oproep ontvang.
Die volgende is belangrik:
- Skryf die nr waarvan af gebel word neer;
- Moet nie geld oorbetaal sonder dat u weet dit is n wettige transaksie nie – skryf ook bank rek nr neer;
- moet onder geen omstandighede diere laat gaan voordat u die inbetaling in u bankrekening ontvang het nie.
- sy vervalsde dokumente lei baie boere om die bos.
- Vermy om met vreemdelinge transaksies aan te gaan.
- Moet onder GEEN omstandigehede ‘n pin location van u perseel aanstuur nie.
Wees asb paraat en moet nie onkant gevang word deur misdadigers nie.
Isabel Kruger (Veiligheids verteenwoordiger Veediefstal)
Peet Swanepoel ( VL .Privaat Ondersoekspan koördineerder)
