Volksdagboek in die geskiedenis: 26 Februarie…

Dagboek van gebeure in ons geskiedenis wat op 26 Februarie plaasgevind het

1653.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
ń Lieflike warm sonskyn dag met ń ligte wind wat vanuit die Weste gewaai het.

1654.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
ń Ligte byna mistige motreën het die vorige dag teen skemeraand uitgesak.
Hierdie selfde motreën het gedurende die dag voort geduur.

1655.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
Daglumier het ñ wonderskone wolklose dag aan die Kaap gebring. Die Suid Suid-ooster het teen skemeraand begin waai, dog word beskryf as hanteerbaar.

1656.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
Dagbreek aan die Kaap her warm, en aangenaam gebreek.
Die wind word beskryf as weinig meer as ñ bries en het vanuit die Weste gewaai.

1657.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
Daglumier aan die Kaap het ñ matige wind vanuit die Suid Suid-ooste gebring. Van Riebeeck het gedurende die oggend die bevelvoerders van die skepe geneem na waar die Vryburgers grond ontvang het. Onderweg is daar by Harry en sy mense, asook die Kaapmans se krale verby gestap. Bleikbaar was hul in gevegte betrokke gewees met van die Saldanhar mense, en het daar aan beide kante stamlede gesneuwel.

1836.
Die verkenningstog van komandant Hendrik Potgieter deur die Laeveld.


Die Potgieter geselskap het gevoder tot aan die Limpopo rivier waar hul enorme groot bome aangetref het.
Die bome was so groot gewees dat daar ses na sewe waens met gemak in die skadu onder ń enkele boom kon staan.
Die reis was die volgende dag voortgesit en was daar by nog ń rivier, die Nwanetsi aangekom.
(Die geselskap het hul op hierdie staium in die Suid oostelike hoek van die teenswoordige Zimbabwe bevind.)
Die geselskap het ses skofte verder by die stad van die “Knopneuse” – Changane aangekom.
Die Changana het aan die geselskap gidse na die volgende stad, sowat ses skofte verder verskaf. Hierdie stad was waarskynlik die van Massangena, en was baie na aan Mosambiek gewees.
Die inwoners kon Portugees praat, en het ook gereeld met hul handel gedryf.
Dit is ook by Massangena dat die geselskap die basterseuns van Coenraad de Buys, naamlik Doors en Gabriël ontmoet het. Die trugreis het rondom die 18de Julie 1836 geskied. Enkelle gidse het hul vergesel, en ook ń veel korter weg aangedui.

Sondag 26 Februarie 1837.
Uit die dagboek van Louis Tregardt.


Louis skryf dat die dag helder en skoon gebreek het.
Rondom 10 uur die oggend het ń boodskapper van Rossetoe by die staning aangekom met ń versoek dat Louis na sy kraal moet oorkom.
Louis, Hannes en Gabriël het opgesaal en kort daarna vertrek.
Daar aangekom was die probleem gewees dat ń ondergeskikte kaptein van Rossetoe kom kla het dat ń ander kaptein op die oorlogspad was oor ń vrou van Rammaboya wat na hom toe gevlug het.
Rossetoe het die vrou na sy kraal laat kom in ń poging om die saak te ontlont. Soos ek dit verstaan wou Rossetoe, Tregardt se advies rondom die aangeleentheid vra.
Carolus het die agtermidag na die skape toe oorgeloop.

Maandag 26 Februarie 1838.
Uit die dagboek van Louis Tregardt.
Louis skryf dat hul die dag tot by die Matamhaalerivier (Sandrivier) getrek het.
Hierdie rivier is ń boloop van die Sabierivier.
Volgens die dagboek het die vee gedurende die trek baie gesukkel om te beweeg
omrede die gras waardeur getrek was besonder hoog en dig was.
Die wêreld na die rivier se kant was egter baie meer oop gewees, en minder grasryk. Louis skryf dat hul nog besig was om uit te span toe hul aan die oorkant van die rivier ń leeu gewaar het. Aanvangklik het Louis gereken dat dit ń besonder groot bok was.
Die “groot bok” het kort daarna oor ń hoogte gestap waarna dit herken was as ń leeu.

1837.
Geen inskrywings in op hierdie dag in eerwaarde Erasmus Smit se dagboek nie.

Maandag 26 Februarie 1838.
Uit die dagboek van eerwaarde Erasmus Smit.


Eerwaarde Smit skryf op hierdie dag in sy dagboek dat Teresa Viglione haarself in die laer by Doornkop bevind het. Teresa Viglione is ‘n vrou uit een stuk gewees. Met raap en skraap, asook wilskrag het sy drie waens vol negosieware in die Kolonie gekoop.
Drie Italiaanse mans het haar op haar tog die binneland in vergesel. Twee van hierdie mans is aan aan ons bekend, en is gewees, Antonio Chiara, en Giovanni Batisia Pizzola.

Teresa Viglione het die Bloukrans Moorde eerste hands ervaar. Die aand van die moorde het sy teenwoordigheid van gees behou, en besef dat die skote wat van oral oor opgeklink het nie vreugde skote was nie.
Sonder om twee keer te dink het sy vrou-alleen te perd verskeie families gewaarsku.
Deurdat sy daagliks tussen die Trekkers
beweeg het, het sy geweet waar die meerderheid van die families gestaan het.
Deur dit te doen het sy baie lewens gespaar en gered. Dit wil gedoen wees en om daardie rede verdien sy ń ere plek in die Suid-Afrikaanse heldegalery.

Eerwaarde Smit beskryf haar as volg :
“Zij heeft zich in de aanval der …. heldhaftig als ‘n man gedragen.
Men zegt van haar, dat zij zeer gezwind, hare twee geldzakken op ‘n paard gezdeld hebbende, terstond alom onder de reizigers de ronde deed,
en hun van de aanval der …. waarschuwende om op hunne hoede te zijn. Zij heeft de gewonde kinderen daarna in hare tent genomen, en met hare medicijnen, zalven en balsems bediend,
en zij heeft deswege veel lof in de legers verworwen. “
(Wat ń wonderlike verhaal om aan ons kinders, en kleinkinders te vertel.)

1852.
‘n Skip, die “Birkenhead” strand naby
Danger Point.
Aan boord is gewees 638 passasiers.
Slegs 184 sou lewend aan die ramp ontkom.
Die meerderheid passasiers aanboord is Britse soldate gewees.

1876.
Die eerste beginsels van die Afrikaanse Taal word gepubliseer.
Amptelik het dit bekend gestaan as,
“Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal.”

1881.
Sir George Pomeroy Colley ontplooi sy troepe teen skemeraand op die berg , Amajuba gedurende die Eerste Vreiheids oorlog. Generaal Piet Joubert gewaar die Britse magte eers teen die oggend van die 27ste Februarie 1881.

1892.
Strydenburg, die dorp kom tot stand.

Verskeie plase waaronder Rietfontein, Rhenostervlei en Diederiksput was oorweeg om die dorp op aan te lê.
Die plaas, Roodepan was geskies na ñ vergadering wat op hierdie dag gehou was.

Die naam Strydenburg is voortspruitend uit die feit dat daar heelwat gestry was rondom die keuse van waar om die dorp aan te lê.
Volgens oorlewering het ene Carel Pretorius van Cloetespan die naam voorgestel.

Die naam Nico-Bernardo is aanvangklik oorweeg omrede die plaas waarop die dorp aangelê is behoort het aan die broers, Nicolaas en Bernardus Badenhorst.

Maandag 26 Februarie 1900.
Anglo-Boereoorlog.
Dag nommer 139 van die oorlog.
Die Paardeberg veldslag, dag nomer nege.

  • Generaal Cronje se vasgekeerde laer
    word deur net meer as 100 kanonne bestook.
    Hierdie bestoking is die ergste gewees tot op hede waaraan die laer onderwerp was.
    Voedsel en ander voorrade in die laer was bederf deur die lidiet bomme.
    Danie Theron kruip gedurende die nag trug na waar Genl.de Wet hom bevind en raporteer dat Genl. Cronje nie gaan uitbreek nie.
    Generaal Cronje het sy hande vol om orde in die laer te handhaaf.
    Etlike offisiere dryg om oor te gee indien enige pogings aangewend sou word om uit te breek. Generaal Cronje pleit by sy offisiere en Burgers om vas te staan tot en met die 28ste Februarie.
  • Aan die Natalse front.
    Ses en sewentig Britse kanonne begin die oggend met ń bestoking van die Republiekeinse magte.

Dinsdag 26 Februarie 1901.
Anglo-Boereoorlog.
Dag nommer 504 van die oorlog.

  • Die Portugese skip, “Benguella” verlaat Delagoa baai met ongeveer 700 Boere krygsgevangenes aanboord.

Woensdag 26 Februarie 1902.
Anglo-Boereoorlog.
Dag nommer 869 van die oorlog.

  • Kolonel Kekewich haas hom na Wolmaransstad se kant om Kol. Anderson te help, om genl.de la Rey af te sny.
    Hy is egter te laat, en genl.De la Rey verdwyn soos mis voor die son.
  • Burger F.H.Bosch word doodgeskiet tydens ń poging tot ontvlugting op Tucker’s eiland, Bermuda.

1915.
Elizabeth Eyebers, Suid-Afrikaanse digteres op Klerksdorp gebore.
Minstens 10 bundels het uit haar pen verskyn, waarvan ‘Belydenis in die skemering” haar eerste was.
Sy het ook die Hertzogprys in 1943 verower.

1956.
Dominee Louisa Frederika Meyburg oorlede.
Sy was ‘n merkwaardige vrou en word ondermeer onthou as die eerste vroulike predikant van Port Elizabeth.
Haar passie in die bediening, veral met betrekking tot die “Armblankes” van die stad het van haar ‘n legende gemaak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui