Ottosdal boer aangeval deur EFF

WES-TRANSVAAL – OTTOSDAL. Volgens berigte ontvang uit Ottosdal in die Wes-Transvaal was daar ‘n aanval op ‘n boer van die omgewing geloods deur die EFF. Volgens oorspronklike klank materiaal in besit van VOLKSKRAG NUUS was daar ‘n nood oproep uitgestuur na omliggende boere om versterkings te stuur aangesien die EFF se getalle oorweldigend was. Na berigte was daar ongeveer 50 EFF lede teenwoordig

Die EFF het op die boer se plaas opgedaag en hom by sy hoenderhok uit sy voertuig geruk. Daarna het hulle hom rond geruk en sy klere geskeur! Hulle het die boer ook aangerand en hom geslaan. Daar was nood oproepe gestuur na boere in die omgewing. Na daar nog boere opgedaag het, het die EFF lede in hul voertuie gespring en weg gejaag!

Die slagoffer is na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese ondersoeke.

Die betrokke boer het ’n swart vrou wat in sy diens was afgedank. Sy het die boer beskuldig dat hy die k… woord gebruik het en rassisties opgetree het. In weerwraak het die EFF hom aangeval. Daar was ’n EFF parlement lid ook by die voorval betrokke. Die naam van die parlement lid is nog nie aan Volkskrag Nuus bekend nie

Die boere het volgens berigte die EFF lede agterna gesit en net buite Lichtenburg in die Wes-Transvaal
van die pad af gedruk. Die boere het die betrokke EFF lede vasgehou totdat die Polisie opgedaag het.

Die opvolg voorval het by die Oppas-laagte afdraai buite Ottosdal plaasgevind waar die EFF van die pad af gedruk is. Die boere het reeds klagtes gelê teen die EFF maar dis nog nie bekend of daar enige arrestasies gemaak is nie.

Volgens statistieke verskaf deur Klaas Prinsloo van die Witkruis Monument en gepubliseer op die kanaal Urban Bug (https://www.youtube.com/@urbanbugZA) was daar in die laaste 2 maande reeds 2 plaasmoorde en verskeie plaas aanvalle in die Wes-Transvaal gewees. Daardie omgewing word ook geteister met gereelde vee vergiftigings.

6 thoughts on “Ottosdal boer aangeval deur EFF

  1. Seems like stuff like this happens all the time over there and we almost never hear about it over here in Europe, horrible 🙁

    1. Good day Kaarl. Indeed it happen on a daily basis here in South-Africa. The media sweep all news about this under the rug that’s why we started VOLKSKRAG NEWS

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui