Egpaar by ouetehuis dood gevind

VRYSTAAT. – Kobus (69) en Pat (68) van Tonder wat in ‘n ouetehuis op Kroonstad gewoon het, is Maandag saam dood in die ouetehuis aangetref.

Sers. Sinah Mpakane sê die egpaar het nie op oproepe van die bure reageer nie en ‘n opsigter is gebel, waarna beide se liggame met skietwonde aangetref is. Mpakane sê ‘n vuurwapen is langs die liggaam van die man gevind. Alhoewel gemene spel nie in dié stadium vermoed word nie, het die polisie sake van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer.

Terwyl die polisie nie die oorledenes geïdentifiseer het nie, het Veldbrand Radio dit wel gedoen.

Laetitia Joubert het inligting van ‘n gedenkdiens vir die oorledenes saam met ‘n foto op haar Facebook-blad gedeel:

“Die roudiens vir Kobus en Pat van Tonder sal plaasvind op Woensdag 21 Februarie 2024 @11h00 te Jordania Park Aftree oord in Kroonstad. Vir die adres of enige navrae kan Laetitia gekontak word op 0653117623. Ons vra dat u asb. met Laetitia sal bevestig as u die diens gaan bywoon sodat daar gereël kan word vir genoeg sitplek en verversings.

Daar sal wel ‘n Facebook livestream wees vir almal wat ver is en die diens so wil bywoon.”

Bronne: SAPD Veldbrand Radio en Laetitia Joubert

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui