Dit het vanmore, Maandag 12 Februarie 2024 bekend geword dat Devon Hofmeyr van die Bittereinders ook moes aanmeld by Groblersdal se Polisie. Hy is saam met Willem Petzer en Tewie Wessels in aanhouding geneem. Hulle word aangekla van openbare geweld en inmenging in polisiepligte.
Francois van der Merwe, wat drie weke gelede in hegtenis geneem is tydens ’n betoging in Groblersdal ter ondersteuning van Groenewald en Greeff, se saak sal waarskynlik saam met die van Devon Hofmeyr, Willem Petzer en Tebie Wessels gevoeg word.

Foto van François van der Merwe in die hof
Francois Van der Merwe se borgaansoek word Donderdag 15 Februarie 2024 weer voortgesit. Tebie Wessels, Devon Hofmeyr en Willem Petzer se saak is ook na Donderdag uitgestel. Beurtkrag is weereens as verskoning gebruik waarom die hof verrigtinge nie kon voort gaan nie.
Piet Groenewald en Stephan Greeff wat al vier weke in aanhouding is se borg aansoek is gewyer. Hulle sal weer op 11 Maart 2024 in die hof verskyn.
