Vermoor in helder daglig: Polisie vind twee mans doodgeskiet in luierende voertuig
Polisie in Mpumalanga het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat twee mans, onderskeidelik 45 en 51 jaar oud, doodgeskiet is. Die tragiese voorval het Donderdagmiddag omstreeks middagete by Thekwane-Suid, naby Kanyamazane, buite Nelspruit, plaasgevind. “Die polisie by Kanyamazane het berigte ontvang oor ‘n skietery in die betrokke gebied. Lede het vinnig gereageer en met hul…
