Polisie soek ontvoerde vrou en verdagtes

OOS-KAAP. – Die Uitenhage-speurtak is op soek na Sonam Gajjar (34) wat vanoggend omstreeks 07:50 in haar oprit in Moselstraat in Kariega deur verdagtes ontvoer is.

Kol. Priscilla Naidu sê Gajjar het by haar hek gestaan en wag vir die hek om toe te gaan toe sy deur vier verdagtes oorval is. Die venster aan die bestuurderskant is gebreek en sy is uit die voertuig gesleep. Sy is in ‘n wagtende wit Hyundai-voertuig gedruk wat met haar in die rigting van Motherwell gejaag het.

Naidu sê die polisie ondersoek die ontvoering en versoek enigiemand met inligting om speurder. Ricardo January by 072 217 5772 te bel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui