LOUIS EN DEZZI LIEBENBERG BLY IN DIE TRONK VIR VOORSIENBARE TOEKOMS
Opsomming van hofverrigtinge vandag 24 Oktober:
- Die staat het aangedui hulle gaan borg teenstaan vir Louis en Dezzi Liebenberg. Beide Louis en Dezzi se regspanne het aangedui dat hulle nie eers ‘n borgaansoek gaan bring nie.
Louis en Dezzi Liebenberg bly dus in aanhouding. Dit blyk hulle afsonderlike regspanne besef dat hulle GEEN kans staan om borg te kry in ‘n gewone borgaansoek nie.
-Die staat staan nie borg teen in die gevalle van Ronel Kleynhans (Louis se eksmeisie en vennoot wat die skema saam met hom begin het), Helena Sculenberg (Sy kantoorbestuurder en Admin op die bankrekeninge), en Walter Niedinger (sy prokureur nie).
Borg is gegee vir:
Ronel: 20 000
Helena: 20 000
Walter: 100 000
U kan u eie afleidings maak oor waarom dit spesifiek die geval vir die 3 is en hulle so vinnig borg gekry het.
Die res van die beskuldigdes het vir uitstel gevra om borgaansoeke te finaliseer. Beide die staat en die verdediging het nie genoeg inligting om voort te gaan nie. Die res se aansoek is uitgestel na die 31e Oktober 2024.
Baie dankie aan Willem Petzer
