Apartheid – Wat is die waarheid

Apartheid word beskou as hierdie groot aardse sonde en dat ons as Afrikaner Volk hierdie groot “sonde” gepleeg het tydens die sogenaamde apartheids regering.

Kom ons gaan kyk na die woord apartheid. ’n Ander woord daarvoor is “afsonderlike ontwikkeling”. Afsonderlike ontwikkeling is ’n Bybelse opdrag. Die opdrag dat volke van mekaar onderskei moet word. Elke volk het sy unieke identiteite.

Identiteite soos:

  • Godsdiens
  • Taal
  • Kultuur
  • Geskiedenis

Geen volk het dieselfde identiteite nie.

Deur te vermeng met ander volke word ’n Godgegewe identiteit met ander volke vermeng. Deur met ander volke te vermeng word ’n Godgegewe OPDRAG verontagsaam. Die opdrag is baie duidelik in die Bybel in:

Psalm 106:34-43

Psa 106:34  Hulle het die volke nie verdelg soos die HERE aan hulle gesê het nie,
Psa 106:35  maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.
Psa 106:36  En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle ‘n strik geword.
Psa 106:37  Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer
Psa 106:38  en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
Psa 106:39  En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.
Psa 106:40  Toe het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk, en Hy het ‘n afsku gekry van sy erfdeel.
Psa 106:41  En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;
Psa 106:42  en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.
Psa 106:43  Hy het hulle baiekeer gered; maar húlle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.

Psalm 106 beskryf presies wat met ons as Volk gebeur.

Is ons nie ook besig om die ander volke se gode te aanbid nie? Is ons nie besig om Galasiërs 5:18-21 in alle aspekte te oortree nie?

Gal 5:18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
Gal 5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
Gal 5:20  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
Gal 5:21  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

Het ons nie dalk die ander volke se werke geleer en dit vir ons ’n strik geword nie?
Hoeveel onskuldige bloed word tans onder ons as volk vergiet?
Is ons land nie ook oorgegee aan die heidene om oor ons te heers nie?
Is ons nie aan die vyande oorgegee nie?
Is ons nie dalk besig om ons seuns en dogters aan die heidene te offer deur hul aan dit bloot te stel nie?
Is ons nie wederstrewig teenoor ons Geloof, Taal, Kultuur en baie meer nie?

Al hierdie drakoniese wette wat totaal teen ons Godsdiens indruis!

Hoeveel van ons is bereid om soos Daniël van ouds sy lewe op te offer terwille van sy geloof? Hoeveel van ons is bereid om die kruis op te neem en Jesus te volg?

Apartheid of beter beskryf, Afsonderlike ontwikkeling het verseker dat ons standvastig in ons geloof, beginsels en kultuur as Volk bly staan.

In die dae van Apartheid of Afsonderlike ontwikkeling het almal ’n gelyke kans in hul eie tuislande tot opheffing gehad. Ons as Afrikaner Volk het gekies om onsself op te hef terwyl ander volke se keuse andersom was. Geen ontwikkeling het in hul gegewe tuislande plaasgevind nie! In teenstelling het hulle agteruitgeboer in die tuislande.

Die tuislande dien as ’n getuienis teen hulle. Dit dien as ’n bewys dat hulle nie vooruitgang najaag nie.

Vooruitgang is ’n Godgegewe opdrag. Om te werk en ons lewens te verbeter is ’n opdrag van God.

Vandat die huidige bestel oorgeneem en apartheid afgeskaf is, het ons as volk tot dieselfde vlak as die heidense volke verval. Ons het ons oorgegee aan die volke se afgode, tradisies en gebruike. Ons eerbiedig nie meer die 3 enige God nie! Ons eerbiedig nie meer ons geloof nie. Ons kan nie eers meer 2 ure op ’n Sondag afstaan aan GOD nie! Ons sal veel eerder dit aan pret en plesier afstaan. Ons is nie meer bereid om ons kruis op te neem nie! Ons is nie meer bereid om terwille van HOM op te staan nie!

Apartheid is vervang met rassehaat en rassemoord. Ons het nog nie hierdie vorm van vernietiging en losbandigheid in ons volk se geskiedenis geken nie. Ons het nog noot soveel smart en verdriet geken nie.

Keer terug tot GOD AS VOLK. Dit is die enigste antwoord!

One thought on “Apartheid – Wat is die waarheid

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui