Die bende het Dundee se sentrale sakegebied terroriseer, het die polisie gesê
Vier mans wat vermoedelik agter ‘n string rooftogte in Dundee sit, is in hegtenis geneem ná ‘n klopjag deur die Glencoe K9-eenheid.
Die polisie het verlede week Dinsdag op ‘n plek in Karellandmanstraat toegeslaan en vier mans in hegtenis geneem wat in besit gevind is van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, 10 vermoedelik gesteelde selfone en klere.
Die mans, tussen 27 en 37 jaar oud, het in die hof verskyn en die ondersoek duur voort.
In ander misdaadnuus sal beskuldigde Ali Majola op 19 November in die Dundee-streekhof verskyn, op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord. Hy het laas op 6 Junie in die hof verskyn.
Hy het aansoek gedoen om Regshulp.

