Foto: SAPD
VRYSTAAT. – Nog drie verdagtes van ‘n plaasaanval op ‘n plaas op Ladybrand is Woensdag in die vroeë oggendure vasgetrek.
Lees die oorspronklike berig hier:
Kapt. Loraine Earle sê inligting is Dinsdag ontvang en verskeie eenhede van die polisie het saamgewerk om die verdagtes in hegtenis te neem. Die inligting was van ‘n persoon wat glo skootrekenaars verkoop.
‘n Verdagte (28) is Woensdag deur die polisie in besit van dwelms, verskeie kalibers ammunisie en vermoedelik gesteelde selfone in hegtenis geneem. Verdere inligting het die polisie na Thaba Nchu gelei waar twee verdagtes, 30 en 29 jaar, gearresteer is. Hulle is in besit van skootrekenaars en slypmasjiene gevind. Dié inhegtenisneming het die polisie na twee vuurwapens met reeksnommers wat afgevyl is in Ladybrand, gelei.
Die vuurwapens sal ballistiese toetse ondergaan. Die drie verdagtes sal Vrydag op aanklagte van huisroof, besit van dwelms, besit van gesteelde eiendom, die onwettige besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die Ladybrand-landdroshof verskyn.
Twee ander verdagtes is ná die huisroof op die plaas op 7 Julie in hegtenis geneem en sal op 16 Julie weer in die hof verskyn.

One thought on “Ladybrand Plaasaanval opdatering: Nog drie verdagtes vasgetrek”