Liggaam van vermiste stapper gevind op Otter-roete in Tsitsikamma

Die Otter-roete is ‘n vyf (5) dae lange staproete wat by die Stormsrivier-mondruskamp begin en by die klein oorddorpie Natures Valley in die de Vasselot-gedeelte van die park eindig.

Die liggaam van ‘n vermiste stapper is op die Otter-roete in die Tsitsikamma-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park gevind.

JP Louw, SANParke-woordvoerder, sê die stapper is deur sy stapgroep as vermis aangemeld toe hy nie by ‘n oornaghut opgedaag het nie.

Louw sê die familie van die oorledene is in kennis gestel.

“SANParke Rangers, saam met die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gister omstreeks 15:43 met ’n soektog begin ondanks ongunstige weerstoestande, groot deinings en riviere wat afkom. Teen die nag was daar geen teken van die vermiste man nie. Die soektog het vandag met eerste lig hervat met die ondersteuning van SAPD en Polisie Soek-en-reddingspanne. Ongelukkig is die stapper dood aangetref.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui