Booswigte skiet 2 vriende, een in die gesig, terwyl hulle gesellig verkeer

KLERKSDORP – WES-TRANSVAAL. – Fritz Smit (36) is vroeg Saterdagoggend in Klerksdorp waar hy saam met twee vriende by Villa Martelli gekuier het deur twee verdagtes in die gesig geskiet. Luan Lauwrens is in die been gewond.

Volgens ‘n BackaBuddy-befondsingsblad wat vir hom geskep is, is sy kakebeen vergruis en moet dit weer opgebou word.

Lauwrens sterk in die hospitaal aan.

Volgens Klerksdorp Rekord is toegang tot die perseel verkry deur die elektriese heining te knip.

In ‘n video van die voorval kan gesien word waar drie vriende sit en kuier en twee verdagtes ‘n vertrek binnegaan. Die skuifhek van die vertrek is oop en die verdagtes kom van die swembad-area af in. ‘n Skietery ontstaan en die twee verdagtes vlug van die toneel.

Angelique Smit het twee sosialemediaplasings gemaak om te sê daar sal met rekonstruksie van haar man se kakebeen begin word na die koeël verwyder is.

Lees uittreksels van die twee sosialemediaplasings van Angelique Smit hier onder:

Middag almal, aangaande die kostes oor Fritz se mediese uitgawes. Ons het nie ‘n mediese fonds nie.

Fritz is deur n ambulans vervoer na Anncron-ongevalle, waar hy behandel is, ‘n pyp vir asemhaling is ingesit en hy is ook onder sedasie geplaas.

Daarna sou hy oorgeplaas word na Johannesburg, die kostes was buitensporig hoog, ons het besluit om hom oor te plaas na Tshepong, hy is met ‘n ambulans vervoer na Tshepong-ICU waar hy behandel was.

Fritz was weer vanoggend met die ambulans vervoer na Klerksdorp-hospitaal sodat hulle die proses kan begin om die kakebeen te herbou. Ons wag net vir die swelling om te sak.

Ons wag nou vir Anncron se rekening en almal wat geld geleen het vir die CT scan en ambulanskostes moet ook terugbetaal word. Daar sal ook kostes wees as Fritz weer by die huis is sodat hy ten volle kan herstel. Die herstelproses gaan lank en moeilik wees. Fritz sal ook vir ‘n baie lang tyd nie kan werk nie, so elke bietjie gaan ons help.

Baie dankie vir elkeen se bydrae, ons waardeer dit opreg. Al die geld sal gebruik word vir my man se mediese onkostes wat nou gaan kom, medikasie en alles wat volg gedurende die herstelproses.

Fritz is tans stabiel in Klerksdorp-ICU, nog op suurstof, swelling om gesig is nog baie. Bullet is nog in en kan eers geopereer word as swelling afkom … kakebeen is vergruis … ‘n rekonstruksie kan eers later plaasvind … ons sien Maxiliary Dr. môre … hy reageer goed en skryf vir ons as hy iets wil sê … hy kry puik diens sover … dankie vir almal se omgee boodskappe en bystand … jul is ongelooflik … seuns is ok, hartjies raak soms seer maar hul is rustig om te weet hul pappa lewe … hy is ‘n yster man en Here hou sy hand oor hom..en ek belowe ek sal elke sekonde by hom staan.

Lt.kol. Amanda Funani het die voorval bevestig waartydens verdagtes die huis binnegegaan en op die slagoffers in die huis geskiet het. Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie en die motief is steeds onbekend. Poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

https://twitter.com/i/status/1761888318050939289

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui