Hy was maar 2 jaar, 6 maande en 22 dae op aarde voor sy lewe tragies kortgeknip is.
VEREENIGING. – ‘n Kleuter wat in 2023 uit die sorg van sy biologiese ma (36) en haar saamleefmaat (31) weggeneem is omdat hy en sy sibbe aan haglike omstandighede blootgestel, is, is 22 Mei dood nadat sy linkerlong platgeval het.
Die seuntjie het volgens familielede sedert ‘n vroeë ouderdom met sy gesondheid gesukkel en was kort-kort in die hospitaal nadat hy uit sy ma se sorg geneem is.
Hy was maar 935 dae (of 2 jaar, 6 maande en 22 dae) op aarde voordat sy lewe tragies kortgeknip is.
Die seun se ma en haar saamleefmaat is in November verlede jaar op aanklagte van mensehandel en verkragting in hegtenis geneem.
Dit nadat sy glo haar 9-jarige dogter vir seks aan volwasse mans uitgehuur het.
Die ma is borgtog geweier en is steeds in aanhouding terwyl die saak voortduur. Haar naam is aan Vaalweekblad bekend, maar mag dit nie gepubliseer word nie.
(Vaalweekblad)
