Op 10 Januarie het Armand Nel, myself, Jaap Kelder vergader met die top bestuur van die VFPlus.
Ek het gepleit dat hulle dit sterk moet oorweeg om n Volkskamer moet skep. Ek het gepleit dat die Volk meer verteenwoordig moet wees.
Dit is summier afgeskiet.
Ons het hulle gewaarsku om nie die Volk weg te stoot nie.
Danksy Corne Mulder en Wouter Wessels kan almal sien wat gebeur as jy jou mense wegstoot. Die protes stem het gewerk.
Die arrogansie van veral Corne Mulder sal ek later bespreek.
Swak leierskap, skorsings,en toesmeerdery het hulle ingehaal.
Die swak hantering van Senekal en Groblersdal bevestig dat die VFPlus oor geen top leierskap beskik wat oor nodige balls beskik om agter hulle mense te staan nie. Slegs Marchell Maritz het ware leierskap gewys.
Diegene wat my konstant aangevat het en selfs beledig het omdat ek dit deurlopend uitgewys het kan maar sien wat gebeur as jy jou eie mense in die rugsteek.
In kort eis ons die onmiddelike bedanking en ontruiming van hulle possisies
1. DR. PIETER GROENEWALD
2. DR. CORNE MULDER
3. WOUTER Wessels
4. WYNAND BOSHOFF
5. JACO MULDER
6. ANTON Alberts
7. ENIGE FAMILIE VERBINTENIS
Ons eis die onmiddelike aanstelling van Kobus Hoffman as waarnemsnde leier.
Ons eis dat n onafhanklike ondersoek gedoen word na bedrywighed van sekere lede van die party.
Patriot235 doen n beroep op almal om te eis dat top leiers moet bedank en vervang word met jong dinamiese Boere leiers.
Wapper die Vierkkeur!
