*Opdatering van Chris Harmse se begrafnis*:

Dis met hartseer dat ons verneem dat Chris Harmse, Hoof van die Witkruismonument oorlede is

Chris Harmse was ook aan Volkskrag Verbonde

Witkruismonument skryf:

Ek skryf met ñ swaar hart vanaand die boodskap maar voel tog ek moet my hart deel nie net as mede direksie lid van die Witkruis Monument nie maar as ñ baie na vriendin van die gesin.

Ek en my man is tans by die gesin in Pietersburg om hulle by te staan in die hartseer tyd en te help met die reelings.

Chris se geskrewe wens was om begrawe te word en ons wil dit graag so doen vir hom ook.

Maar daar is ongelukkig geen voorsiening gemaak vir sy afsterwe nie. Wat beteken ons kan nog geen reelings tref nie.

Ons moet op ñ manier fondse bymekaar kry om dit moontlik te maak. Daarom gaan ek eerlik wees.

Die gesin het van die hand na die mond geleef en net-net kop bo water gehou elke dag. Soos meeste mense vandag maar doen.

Die man wat planne gemaak het en oplossings gehad het is nou weg. Te vroeg te vinnig…

Hoe gaan ons dit doen? Die Here alleen sal wys.

Die lewe het my geleer om nie op mense te vetrou nie maar op Hom. Die Here gebruik wel mense ook. En ons sowel as die gesin is dankbaar vir elke gebed en oproep wat ons kry.

Maandag gaan ons na die ondernemer waar Chris lê om sy klere te vat en hom ñ laaste keer te sien. En ons glo en vertrou dat die Here sal voorsien sodat sy begrafnis die week sal plaasvind.

Ons gaan daai geloofs tree gee. Sodat sy gesin berusting kan kry en die stukke kan begin optel om hulle lewe weer bymekaar te sit, alhoewel daai een stukkie nooit weer volledig sal wees nie.

Ek persoonlik sal by die gesin wees so ook Klaas Prinsloo tot en met na die begrafnis.

Want toe ek hom nodig gehad het met my ma Lita Fourie se afsterwe was hy daar vir my. En meer as ooit wens ek dat ek al die kostes kon dra persoonlik om dankie  te sê wat hy vir my beteken het in die tyd wat ons saam gewerk het.

Daar sal nooit ñ bedrag groot genoeg kan wees nie.

Skakel/whatsapp my gerus om seker te maak van inligting en te bevestig indien jy in jou hart voel om te help.

Witkruis groete

Hester

078 348 4447

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui