31 Mei, die gedenk-datum van vreugde, sowel as van smart vir die Boerevolk/Afrikanervolk.

31 Mei 1882 – Die besluit van die ZAR Volksraad, om Majubadag, 27 Februarie, tot openbare verootmoediging dag te verklaar, word as wet in die Staatskoerant geproklameer.

Voor die uitbreek van die Eerste Vryheid’s-oorlog, het die Boerevolk op Paardekraal byeengekom, op 13 Desember 1880 het hulle die Paardekraal Gelofte afgelê, eendrag en trou gesweer en ʼn groot klipstapel opgerig om as getuienis vir hul nageslag te dien en op die 16de die

Bloedrivier Gelofte herbevestig.

Op Sondag 27 Februarie 1881 het ons Vader Sy Verbond met die Boerevolk, aan hul nageslag herbevestig en op Majuba bewys dat, as ons op Hom alleen vertrou, Hy steeds ons vyande in ons hand sou gee.

– Die Slag van Majuba was die grootste neerlaag in Groot Brittanje se militêre geskiedenis.

Op 31 Mei 1882 het die herstelde Volksraad van die ZAR toe regerings Kennisgewing No. 267 geproklameer, om aan ons Vader die eer en erkenning daarvoor te gee en dit aan ons nageslag bekend te maak.

31 Mei 1899 – Bloemfontein- Konferensie. Samesprekings tussen Pres. SJP Kruger van die ZAR en Lord Milner oor die ‘Uitlander-Kwessie’, word deur Pres. MT Steyn gereël in die Spoorweg buro te Bloemfontein. Milner se ongenaakbare houding laat die samesprekings misluk, wat dan ook aanleiding gee tot Brittanje se mags-opbou op die Boere-republieke se grense en uiteindelik op die uitbreek van die Tweede

Vryheidsoorlog in Oktober 1899.

31 Mei 1900 – President Kruger het die vorige dag reeds Pretoria verlaat op pad na Waterval-onder in die Oos-Transvaal. Kmdt-genl. Louis Botha begelei ook die laaste Volksraadslede ooswaarts. Lord Robberts se magte val Johannesburg binne en hy reik “Proclamation No.1 of 1900” uit waarin hy Transvaalse Burgers se persoonlike regte en eiendom sal respekteer, indien hulle die ‘Eed van getrouheid’ aan die Britse Kroon sou aflê.

Die ‘Times’ koerant in London berig: “The war is practically over, The British flag is by this time flying at Pretoria.” Teen die aand breek daar ‘n wettelose plundering van die Staatspakhuis in Pretoria op die hoek van Mark- en Visagie strate uit. Dit duur deur die nag, totdat genl. Botha te perd opdaag en die inwoners maan tot wetsgehoorsaamheid. Die skare plunderaars vlug toe hulle hoor dat die Britse magte naby die stad aangekom het.

31 Mei 1901 – Britse Amptelike Verslae: “Aan die Witwatersrand is 150 van die 6000 goud stampers reeds weer in produksie en die maandelikse goudopbrengs kom te staan op 7400 onse, of 2,5% van die voor-oorlogse produksie.”

“Spoorlyne is 12 keer gedurende Mei deur die Boere burgers beskadig.”

“‘Refugee camps’ is op De Jagersdrift, Krugersdorp, Nylstroom en Pietersburg opgerig. Daar is reeds 20374 mense in die kampe, waaronder 8811 swartes.” (Onder die 673 sterftes wat in Mei voorgekom het, is die 8-jarige Lizzy van Zyl. ‘n Foto van haar uitgeteerde lyfie is wyd in Europa versprei om wêreld aandag op die leiding in die kampe te vestig.)

31 Mei 1902 – Om 23h05 op hierdie datum, lei die onderhandelings wat vroeër tussen Boer en Brit te Klerksdorp, Vereeniging en Pretoria begin was, tot die ondertekening van die voorwaardes van die twee Boere-republieke se oorgawe, die Vrede van Vereeniging, in George Heys se huis, Melrose huis (oorkant Burgers park in Pretoria). Daarmee verloor die ZAR en die OVS hul onafhanklikheid en is die Anglo-Boere-oorlog beëindig.

Sowat 4 000 Boere het op die slagveld gesneuwel en meer as 26 251 Boere-kinders, Boervroue en -grysaards het in die konsentrasiekamp gesterf, terwyl omtrent 500 as bannelinge in krygsgevangene-kampe gesterf het. +/- 20 782 Bitter-einders lê die wapen neer. Aan Britse kant het +/- 20 782 soldate gesneuwel. Dit was die prys wat ons voorouers moes betaal, sodat die Brits/Joodse Imperialiste ons minerale rykdom kon stroop, om vir hul oorloë in Europa te gaan betaal.

31 Mei 1910 – Reeds lank voor die Tweede Vryheid’s-oorlog van 1899-1902 was dit die strewe van die Britse Imperialiste om die twee Britse kolonies, nl. Kaap en Natal onder Britse heerskappy te verenig met die twee Boere-republieke ZAR en OVS. Hierdie strewe kon die Boerevolk slegs tot nadeel strek en het ook geen swart volke in hierdie sub-kontinent in ag geneem nie. Dit was gedrewe en slegs gegrond op die magsug van die Britte en tot voordeel van die Internasionale Imperialistiese Geldmag se hebsug na die Boervolk se minerale bronne.

Direk na die beëindiging van die oorlog, het die Boervolk se aartsvyand Alfred Milner voortgegaan met hierdie duiwelse plan. Sy Trojaanse perd in Boere geledere, nl. Jan Smuts was al vroeër gedurende sy studies in Brittanje as “Rhodes Schollar” oortuig van globalisme en deur Rhodes gewerf vir hierdie unifikasie, hy het in hierdie opsig die mees waardevolle bate vir die ganse Britse ryk geword.

Amalgamasie van al die Britse gebiede in Suidelike Afrika was nou hulle droom, maar dit sou ook nie sonder verdere knelpunte kon geskied nie. Die Jingo’s se leuens agter die skerms en die Britse propaganda-masjien wat al sedert die vroeë 1890’s teen die Boervolk ingespan was, het hier weer in alle erns begin knoei, selfs in die Britse parlement. Uiteindelik is al die leiers van hierdie gebiede in 1908 ingelok in ‘n “National Convention” in Durban waarbinne ‘n sg. ‘Grondwetlike Raamwerk’ bespreek was.

Die uiteinde was, dat die voorstelle van hierdie samesprekings in die Britse Parlement gepromulgeer en deur hul Koning Edward onderteken word as die “South Africa Act1909, 9 Edw.VII c.9”, maar hy sterf kort daarna onder verdagte omstandighede. 25 Dae later, op 31 Mei 1910 word dit as die Grondwet van die Unie van SA verklaar.

Hiermee het die twee voormalige Boere-republieke nie net finaal hul onafhanklikheid verloor nie, maar ook hulle status as wêreld erkende state. Die twee republieke se Volksliedere en hulle Volks vlae is vertrap en verguis in hul eie land. Binne agt jaar na die Imperialistiese volksmoord op Boerekinders en –vrouens, moes ons oupas en oumas in hierdie mengelmoes van vreemde swart, bruin en blanke groepe, onder die Britse kroon en die “Union Jack” in hierdie diaboliese eenheidstaat, weer vir die oorblyfsel van hierdie klein volkie, ‘n lewe probeer uitkap.

31 Mei 1928 – Na die Boere Volks-opstand van 1914 het die Afrikaners in die Unie-regering besef dat die Boervolk nooit rus sou vind onder die “Union Jack” nie en moes daar ‘n kompromie bewerkstellig word. Na maande lange besprekings en voorstelle, is die kompromie-vlag nl. die Unievlag op hierdie datum vir die eerste keer in Kaapstad gehys, maar sou slegs langs die Union Jack vertoon mag word.

31 Mei 1961 – Die Unie van SA word op hierdie dag die Republiek van SA. Die Unievlag word behou as Nasionale vlag, maar sonder die Union Jack. Die Stem van SA word ook behou as die amptelike Nasionale lands lied. Advokaat CR Swart word as die eerste verkose staatspresident van die RSA ingehuldig.

One thought on “31 Mei, die gedenk-datum van vreugde, sowel as van smart vir die Boerevolk/Afrikanervolk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui