Twee ontbinde liggame in hysbakskag in Pretoria-Middestad gevind

Pretoria, Sentraal-Transvaal. – ‘n Noodoproep wat aanvanklik vir ’n brand en toe ’n beseerde man gemaak is, het Dinsdagoggend tot die ontdekking van twee ontbinde liggame in die GPG-gebou in Tshwane se middestad gelei.

Die Pretoria-nooddienste is om 04:30 na ’n brandtoneel by die GPG-gebou in Bosman- en Pretoriusstraat ontbied. Met hulle aankoms het hulle besef daar is in werklikheid nie ’n brand nie, maar ’n persoon wat deur ’n hysbakskag na die kelder geval het.

Polisielede moes ’n opening deur die kelder se motorhuisdeur maak om toegang tot die slagoffer te kry. Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, is die man gered en na ’n hospitaal vervoer.

Hule het met verdere ondersoek twee ontbinde liggame gevind wat onder in die skag in water dryf.

Die oorsaak van hulle dood, asook die omstandighede wat tot die besering gelei het, word deur die SAPD ondersoek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui