NATAL. – ‘n Man is Saterdagmiddag laat met ‘n panga in Riyadh doodgekap, vermoedelik deur sy “drinkebroer”.
Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep vir hulp is omstreeks 18:15 ontvang. Met aankoms op die toneel is reaksiebeamptes en paramedici deur die gemeenskap na die toneel beduie. Die oorledene is dood verklaar.
Volgens omstanders het die oorledene en ‘n vriend, die verdagte, saam gedrink en toe begin argumenteer. Die verdagte het glo ‘n panga in sy huis gaan haal en sy vriend na bewering doodgekap. Hy het daarna gevlug.
Besonderhede van die argument is onbekend.
