Maroela media lesers boos oor berig dat Willem Petzer bedel vir sy regskostes

In ’n advertensie plakkaat wat Maroela media op hul Facebook groep geplaas het oor Willem Petzer se spoggerige peperduur Prado is lesers van Maroela media bitter ontsteld. Daar is ook ’n advertensie video wat Maroela media gemaak het wat beweer dat Willem Petzer ’n peperduur Toyota Prado gekoop het terwyl hy weet dat hy geld vir regs kostes gaan benodig. Ons sal die video greep ook hier op Volkskrag Nuus voeg.

Video wat Maroela Media geplaas het.

Die berig is intussen verwyder van Maroela media se Facebook-blad nadat ontstoke lesers hul ontevredenheid uitgespreek het. Ten tye van die verwydering was daar 162 “kwaad emosie ikoon” reaksies op die berig gewees.

Die ware feite:

’n Betroubare bron wat verkies om anoniem te bly het aan Volkskrag Nuus die ware toedrag van sake verduidelik.

Willem Petzer is genader deur ’n Poolse toergroep wat ’n dokumentêr oor Afrika wil doen, wat goed bekend is met hom, om hulle te begelei. Willem ry ’n baie ou model voertuig wat onbetroubaar is en nie veilig is om die toer te onderneem nie. Die Poolse toer groep het geld aan Willem Petzer oorbetaal om ’n betroubare voertuig aan te skaf wat die toer groep veilig kan vervoer gedurende die besoek.

Willem Petzer besit ’n baie ou model voertuig wat onbetroubaar is. Dit is ‘n enkel kajuit bakkie wat nie 4 wiel aangedrewe is nie. Die voertuig kan ook nie die toergroep en al die nodige toerusting huisves nie. Willem gebruik die voertuig al 7 jaar en ry die land plat om die volks saak te verteenwoordig. Alles word op sy eie onkoste gedoen. Die “nuwe” voertuig is toe ’n tweedehandse voertuig wat binne die begroting wat aan Willem toe gestaan is kon pas.

Volkskrag Nuus Personeel lid ontvang ’n bedel oproep van Maroela Media

Een van Maroela Media se verteenwoordigers het Vrydag 16 Februarie 2024 een van Volkskrag Nuus se personeel lede geskakel oor ’n kommentaar wat hy gelewer het en om te vra of hy by Maroela Media wil aansluit en ’n maandelikse bydrae wil maak… Hulle het ook vir die betrokke persoon gevra wat is sy mening aangaande Maroela Media se beriggewing. Die personeel lid het aangekondig dat hy geen kommentaar op daardie oomblik wil lewer nie.

Volkskrag in samewerking met Volkskrag Nuus sal wel op ’n later stadium ’n volledige kommentaar oor die berig plaas…

4 thoughts on “Maroela media lesers boos oor berig dat Willem Petzer bedel vir sy regskostes

  1. Louis Liegenberg sit heeltemal agter ALLES van reel dat hulle ARRESTEER word tot swartsmeer van Willem begin julle huiswerk doen en sien hoe hy duisende mense besteel het met sy diamant ponzi

    1. Ek dink eerder LL sit agter die toestaan van die borg. Hy het genoeg kontakte en goeie verhoudings met hoë profiel mense met wie hy kan onderhandel. Ek is seker die staat wou nie regtig borg toestaan nie.

  2. Dit lyk dit vir my Maroela Media het vergeet hoe om investigative Journalism te doen.
    Hoe is dit dat almal weet wie agter Groblersdal sit behalwe Maroela Media?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui